03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

geen verlange het na ‘n vereniging met My nie, totdat julle oë ‘n sagte

straling bemerk wat van My uitgaan en weldadig in julle hart val.

Dan open julle vir My die deur van julle hart en julle wil dan dat Ek

binnetree. En dan verlang julle reeds na My nabyheid en sal alles doen om

My vas te hou. Dan neem My liefde julle op en hou julle gevange en julle is

gelukkig en wil julself nie meer van My losmaak nie.

Laat julle omarm deur My liefde en julle is reeds op aarde al ‘n geluksalige

skepsel. Tree bewustelik in verbinding met My en julle sal vry word van die

vyand wat julle nie kan volg as julle My nabyheid soek nie. Besef dat reeds

die verlange na My julle vrymaak omdat Ek julle dan self kan benader en

waar Ek is vlug My teenstander. ‘n Kwellende ketting werp julle af en julle

gee julself graag oor aan My mag. Julle laat julself dan vrywillig bind en is

bly oor die gevangeneskap, want in My liefde sal julle nou ewig salig wees.

Amen

Die werk van hulle wat die siele in die hiernamaals

wil verlos - Na Gods wil

5964 22 Mei 1954

Vertrou My woorde en glo dat My liefde oor julle waak. Dat Ek julle

beskerm teen alle aanvalle van My teenstander, as julle tot My julle toevlug

neem in aardse en geestelike nood. Julle wil verseker julle ook My hulp en

My beskerming, want Ek beoordeel alleen julle wil en ooreenkomstig julle

wil bevind julle julself in My Hand of in die mag van My teenstander.

Is julle wil op My gerig en is daar die verlange om na My welgevalle te

lewe, dan sal julle ook kan aanvaar dat Ek sorg dra vir julle. Is julle wil

gerig op die wêreld en sy goed, dan behoort julle aan My teenstander en

dan het hy ook mag oor julle. Hy kan dit egter nie meer hê as julle op weg

is na My nie, as julle My soek en tot My bid in Gees en in waarheid.

Julle geloof is nog swak, maar dit sal versterking ondervind as julle maar

steeds probeer om in die liefde te lewe. En julle sal steeds meer seker

daarvan wees dat My Vaderliefde vir almal geld wat nog onverlos is op die

aarde en ook onverlos oorlede is.

Al hierdie siele bevind hulle in groot nood en My liefde wil hulle nie vir

ewige in hierdie nood laat nie. Daarom skep Ek vir hulle tallose

moontlikhede dat hulle ‘n uitweg uit hul nood vind, sonder om hul vrye wil

te beperk. Maar Ek ken die wil van elke afsonderlike mens en elke siel wat

hom in die ryk hierna ophou. Ek weet wanneer hy bereid is om die weg tot

My te gaan en Ek laat julle mense deelneem aan die verlossingswerk omdat

daar baie baie werk te doen is. Want elke siel moet die geleentheid gebied

word om sy weerstand op te kan gee en hom oop te stel vir die ewige heil.

Dink aan die enorme groot aantal siele wat nog ver van My af staan, wat

geen geloof het nie en tot wie Ek Self nie kan gaan nie omdat hulle nie in

My glo nie. Ek doen egter steeds moeite om vir hierdie siele ook

258

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!