03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

geplaas word nie, omdat julle vrye wil die voorwaarde is om ‘n ware kind

van God te word My ewebeeld, wat net soos Ek kan skep en vormgee in

geluksaligheid.

En daarom is dit so buitengewoon moeilik om julle mense daartoe te bring

om die hoogste doel na te strewe sonder om julle wil te dwing. Want dit

kan alleen maar bereik word as julle in liefde leef, sodat julle dan ook op

hoogte sal kom van julle oorsprong, julle gebrekkige staat en julle einddoel,

sodat julle dan sal besef wat julle was, wat julle is en wat julle weer moet

word.

‘n Onvoorstelbare geluksalige staat kan julle julself gee as julle op aarde in

die liefde leef. En daarom stuur Ek weer My volgelinge uit om die mense die

liefde te predik, want daar bly julle nog maar ‘n kort tyd om die doel op

aarde te bereik.

My Liefde trag voortdurend om die mense tot insig te bring, maar om hulle

weer tot liefde te verander moet hulle uit vrye wil, uit eie beweging. En

salig is hulle wat die liefdesvonk in hul vurig laat opvlam, salig is hulle wat

deur die liefde nader aan My kom en ‘n beroep doen op die krag van My

Liefde. Want hy sal sy doel bereik, hulle sal hul met My verbind en nie rus

tot hulle Gees hul met My, die Gees van die Vader verenig het nie, tot hulle

deur die liefde versmelt is met die ewige Liefde tot hy My kind geword het

en sal bly tot in alle ewigheid. Amen

Die Gees van die Antichris

5223 30 September 1951

Die Gees van die Antichris heers oral waar Ek nie erken word nie en daar

waar hy reeds sy werk van verwarring aangerig het. Hy het die

onderskeidingsvermoë van die mense verswak, hy het alles verduister, hy

het die waarheid verdring en die mense verblind met sy dwaallig. En hy

het, as My teëstander, sy mag benut en het so teen My ingegaan. Hy het

veral die wapen, die beeld van die Goddelike Verlosser Jesus Christus uit

die harte van die mense geruk en hy werk sodoende in ‘n steeds sterker

mate teen Jesus namate die einde nader kom.

Dit is sy werk dat die mense hulle self van My afkeer, sodat hulle nie meer

in Jesus Christus glo nie en daarom ook die weg na My nie meer vind nie.

En tog is sy werke slegs moontlik omdat die mense hulself nie teen sy

aanval en sy dade verweer nie, waartoe hulle egter in staat sou gewees het

as hulle dit maar net wil. Want hulle is as selfstandige wesens op die aarde

geplaas en besit ‘n volledige vrye wil. Hulle staan wel afsydig van My, maar

in die begin van hulle beliggaming as mens ook so ver van My teëstander af

dat hy hulle nie kon dwing om hom onderdanig te wees nie.

Deur My het die mens die moontlikheid verkry om die indrukke buite

homself met hart en verstand op te neem en dit in die hart of met die

verstand uit te werk. Want Ek het geen masjiene geskape wat hulle werk

60

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!