03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

moet doen op bevel van God nie. Ek het julle vry voortgebring, het julle

verstand en insig gegee en beïnvloed julle altyd om die goeie rigting te kies

deur allerlei gebeurtenisse. Maar My teëstander laat sy mag ook nie

onbenut nie. Hy trag netso om op julle wil in te werk, maar die beslissing

hang van julself af. Daar is egter ‘n middel wat julle slegs hoef te gebruik,

naamlik om julself te verseker van My liefdesgees en My krag wat julle

geskik maak om die aanvegtinge van julle vyand te weerstaan.

En hierdie krag kan julle steeds vir julself verwerf as julle maar self die

liefde beoefen, dus om My liefdeskrag vir julself julle eie te maak en wat

julle steeds ter beskikking staan, maar wat alleen deur werke van liefde

verwerf kan word. My teëstander is ‘n vyand van die liefde en julle sal hom

altyd kan oorwin as julle hom met die wapen van die liefde tegemoet tree.

Want gaan julle die weg van Jesus, gaan julle die weg van die liefde wat Hy

ook gegaan het. En dan behoort julle aan Hom en Hy is dan julle

Beskermheer en julle Leier, Hy het julle Verlosser geword deur julle wil, wat

julself deur die liefde by Hom aangesluit het. Solank die mensdom egter

sonder liefde sal leef, sal hulle Hom nie herken nie en dit bewerk My

teëstander wat glo om sy mag te versterk wanneer hy die mag van Jesus

kan beperk.

Sy aktiwiteite is duidelik teen Hom gerig en elke mens wat homself van

Jesus Christus afkeer, wat Hom verloën en Hom afwys as Hy hom met Sy

woord tegemoet kom, is in die mag van die Antichris. Hy is self ‘n klein

Antichris wat gewilliglik doen waartoe Satan hom aandryf. Behoed julle

teen die Antichriste, hulle is in sy mag en daarom ook My teëstanders.

Maar hulle sal vir hulle vyandskap moet boet op die dag van die laaste

oordeel wat baie naby is. Amen

Die geveg teen jouself op aarde

5224 1 Oktober 1951

My lewe op aarde was vol van stryd en verleidinge en dit is verkeerd om te

veronderstel dat My Goddelike siel My daarteen beskerm het, dat My

manier van lewe niks anders as goed kon wees omdat Ek die Seun van God

was, wat na die aarde afgedaal het om die mensdom te verlos nie. My

aardse lewe as mens het op geen manier van die van ander mense verskil

nie, maar Ek was uitsonderlik swaar gehinder deur verleidinge, omdat

Satan elke middel gebruik het om My missie te verhinder. Voorts was My

siel diep gevoelig en was diep deur skoonheid beïnvloed en ook uitsonderlik

deur kwaad en onsuiwerheid gekwel. Hy was ontvanklik vir elke indruk, wat

ook die rede is waarom die wêreld met sy aantreklikhede en verleidinge My

so dikwels versoek het alvorens My ware missie begin het. Ek moes ‘n taaie

stryd verdra om oorwinnend te bly teen hom wie My vlees wou besit om die

siel vir die werk van Verlossing onbekwaam te maak. En so het My lyding

61

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!