03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

hemel en aarde. Alleen deur hierdie oorgawe sonder verset sal julle ook

julle aardse lewe vir julself verbeter. En dan sal julle ook die

genademiddele op julle laat in werk en sukses hê vir julle siele.

Dit is die tyd van die einde en daarom ‘n tyd van groot nood, omdat Ek die

mense nog wil help om terug te keer of om hulle te vervolmaak. Dit sou

waarlik geen liefde van My kant wees as Ek julle aan julle lot sou oorlaat en

julle dus ‘n vry, onbesorgde lewe op aarde sonder ellende en nood sou

berei, want dan sou julle siele verlore gaan, omdat die innerlike drang om

vooruit te kom alleen nog maar in baie weinig mense aanwesig is.

Ek moet julle bystaan omdat Ek julle liefhet en My bystand kan Ek julle

alleen verleen, soos Ek dit as seën bringend insien, deurdat Ek julle hard

aanpak om julle tot besinning te bring, omdat julle kort voor die einde

staan en haas nodig is. Maar elke mense kan vir hulself hul aardse lot

verbeter, as hulle in gemeenskap met My die weg oor die aarde gaan, as

hulle hul digter by My aansluit en so ‘n val in die diepte onmoontlik maak.

Dan sal Ek hom ook so lei dat sy aardse lewe makliker te dra is, want dan

het Ek geen harde hulpmiddele meer nodig nie, omdat Ek hom vir My

gewen het. Solank die mens My egter nog weerstand bied, bemerk hy

alleen die las, egter nie My hulp nie.

Dog My Liefde geld ook hom en wil hom wen, slegs met ander middele,

maar wat nogtans genademiddele is, omdat dit alleen die terugkeer van My

skepsele na My ten doel het en dit moet bereik. Hoe gering egter is die

lyding en die nood teenoor die kwellinge van ‘n nuwe verbanning in die

vaste materie wat julle egter onherroeplik ten deel sal val, as julle julself

nie buig onder My Wil in die laaste tyd voor die einde nie.

Niks anders wil Ek deur lyding en nood bereik as dat julle tot My kom, wat

julle altyd kan en wil help. Julle is vermoeid en belas. Julle weet dat een

julle tot Hom roep. Volg Sy roep: “Kom tot My, almal wat uitgeput is en

onder laste gebuk gaan, Ek wil julle verkwik”.

En daar is niks wat Ek julle weerhou as dit tot heil van julle siele dien nie.

Sluit julle aan in die rye van My kinders, plaas julle nie eenkant in

eiensinnigheid of trots nie, maar kom ook julle, wat nog ver van My is en

gee julle weerstand op, want om die weg met My te bewandel is waarlik

makliker en mooier. Ek lei julle so dat julle moeiteloos julle doel bereik,

slegs voer My weg ver weg van die wêreld. Maar dit is julle regte

vaderland, wat julle opneem as julle die aarde moet verlaat. Want My ryk is

nie van hierdie wêreld nie. Slegs ‘n kort weg oor die aarde lê nog voor julle,

maar dit is vir julle voldoende om die ware doel te bereik. Maar gee julle

oor die kort trajek oor aan My en My leiding en julle sal nie spyt wees dat

julle My gevolg het, Wie julle aller Vader is, wat sy kinders wil bring na die

ewige saligheid. Amen

356

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!