03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

dit is dringend nodig dat nog hulp aan die mense verleen word. Dit is egter

slegs moontlik om iemand as My "werktuig" te maak wat reeds ‘n bepaalde

volwassenheid van siel bereik het. Maar selfs hierdie volwassenheid sou

onvoldoende gewees het om My "lig" te kan opneem, omdat slegs ‘n

waaragtige "kind" van God My openbaringe kan ontvang; iemand wat reeds

vergeestelik die aarde sal verlaat om deur My as kind ontvang te word en

sodoende met My kan omgaan, soos ‘n kind met sy Vader omgaan.

Julle moet weet dat so ‘n graad van volwassenheid nodig is voordat My

liefdeskrag-uitstraling in ‘n wese kan binnestroom, sodat die krag dan

verder gelei kan word na hom wat na die "lig" verlang.

Ek noem dit ‘n onverdiende barmhartigheid wanneer Ek ook by ‘n mindere

graad van volwassenheid ‘n menslike wese benut om hierdie liefdeskraguitstraling

na die mense toe te bring. Met die oog op die naderende einde

moet die stroom van barmhartigheid vergroot word om die mense te help,

want slegs ‘n buitengewone toevoer van geestelike krag kan nog bereik wat

andersins nie moontlik sou gewees het nie. Daarom neem Ek al genoeë met

die ernstige wil om My te dien, want dit is waarlik die geringste voorwaarde

wat ‘n mens moet vervul om die werking van My Gees in homself moontlik

te maak.

My belofte lui: "Ek sal vir julle die Trooster stuur, die Gees van die

Waarheid; hy sal julle lei in die waarheid en julle alles in herinnering bring

wat Ek vir julle gesê het!” My Gees werk derhalwe in elke mens wat

homself deur die liefde tot ‘n houer vir opname gemaak het. My Gees lei

hom tot die ware kennis, verlig sy denke en gee hom innerlike opheldering

waardeur die mens homself nou ook in die waarheid kan beweeg. Dit sal

dus helder in hom word en hy sal sy kennis ook aan sy medemens kan

oordra. Hy sal met My Gees vervul wees en daarom ook met reg kan

spreek van My teenwoordigheid in homself. Maar vir hierdie werking van

My Gees in die mens word ‘n sekere graad van liefde vereis, wat julle met

‘n goeie wil reeds op aarde kan bereik.

Hierdie graad van liefde kan voortdurend vergroot word en kan tot so ‘n

innige verbondenheid met My gevoer word, dat Ek My kind met die gloed

van My liefde kan omhels. Daardeur sal hy met ‘n onbeskryflike gevoel van

geluksaligheid My Stem in homself hoor en sodanig met die krag van My

Liefde vervul wees, dat hy homself geroepe sal voel om My woord verder

uit te dra. Amen

Saligheid of Hernieude Kluistering - Die vrye wil

6598 18 Julie 1956

Wat ook al julle strewe op aarde mag wees, dit sal aan julle vervul word.

Want volgens julle begeertes, sal julle gegee word wanneer julle aardse

lewe ten einde is. Is julle verlange na geestelike goedere dan sal die

geesteryk julle dit volop bied, maar was slegs aardse rykdomme julle

436

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!