03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die seën van geestelike kennis in die hiernamaals

5554 12 Desember 1952

Wat My Gees julle openbaar is vir julle ‘n geestelike kennis wat julle eens

onsegbaar salig sal maak, as julle in die geesteryk daarmee arbei tot seën

van almal wat nog onwetend is.

Die suiwer waarheid is selde te vind by die mense op aarde en daardeur

ook nie in die ryk hierna, voordat die mense in ‘n staat van helder lig

gekom het nie. Want lig beteken wysheid en kennis van die suiwer

waarheid. En elke verkeerde gedagte is ‘n skaduwee wat die lig verduister,

selfs wanneer ‘n siel reeds vir lig ontvanklik is, tot die laaste onware

gedagte nog nie verwerp is wat die lig tydelik vertroebel nie. Die siel moet

hom geheel en al vir die waarheid oopstel, hy moet die waarheidsgetroue

kennis so sy eie maak, dat hy nouself as ligdraer kan werk in die geesteryk.

En daarom is dit ‘n onmeetlike genade om met geestelike kennis te kan

ingaan in die hiernamaals, want dit is soos die dra van ‘n helder ligkleed

wat orals straal en lig versprei. Hy kan nou werksaam wees, deur die

onwetendes te leer en onuitspreeklik seënryk te werk waar nog duisternis

of skemering is.

Want in die geesteryk sal hy ook nog twyfelaars en leunaars tegemoet

kom, wat hy egter deur sy kennis opheldering kan gee. Want die kennis is

die resultaat van die openbaringe deur My Gees. Dit het ‘n oortuigingskrag

wat min wesens kan weerstaan, tensy hulle sku is vir die waarheid omdat

hulle aanhangers van die vors van duisternis is. Want sulke wesens sal ‘n

ligdraer probeer hinder, deur sy lig te verdof, waartoe hulle meen in staat

te wees. En sulke wesens kan alleen opheldering gegee word deur ‘n

ligdraer wat sy kennis van Myself ontvang het.

Daarom is daar in My openbaringe, in My woord wat Ek julle laat toekom, ‘n

enorme krag wat ook in staat is om sterk mure af te breek. Want Ek Self

spreek hierdie siele aan as Ek deur julle mond praat, as julle in My wil die

siele in die duisternis die evangelie verkondig soos julle dit self van My

ontvang het.

Want dit is die suiwer waarheid en dit oortuig ook ‘n siel wat tot nou toe in

valsheid verkeer. Want hulle voel ‘n innerlike vreugde, hulle ervaar as te

ware die waarheid as ‘n weldaad. Die begrip daarvan ontsluit so vir hulle,

dat hulle nie meer kan twyfel aan dit wat in ‘n sekere sin van My kom, aan

te neem nie.

Die krag van My woord werk duidelik sigbaar, die siel word plotseling met

lig deurstraal en waarvoor hulle tot nou toe die begrip mis is dit nou

plotseling duidelik en hulle neem dit met vreugde aan. En so groot as wat

die verwarring en ellende is wat dwaalleer aanrig, so verblydend en

begryplik is die waarheid.

En die waarheid sal steeds wees waar My Gees kan werk. Dit sal altyd

waarheid wees wat Ek deur My Gees aan die mense openbaar. Daarom, bly

141

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!