03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

En die deurstaan van hierdie proef sou alle mense wat na hulle kom, gehelp

het om die laaste doel makliker te bereik.

In die eerste mense het Ek wesens geskape wat ondanks hul

onvolmaaktheid ofwel, hul gemis aan volmaaktheid as gevolg van hul afval

van My, tog ‘n besef oor My kan kry, omdat hulle vir hulself insien dat hulle

skepsele was en dus ook deur hul denkvermoë en vrye wil, My wil kan

herken en uitvoer. Ek het wesens geskape aan wie Ek Myself duidelik kon

maak ondanks hul afstand van My, wat voorheen in die toestand van ‘n

onvrye wil nie moontlik was nie.

Die (ware) mens was dus die eerste skeppingswerk wat ‘n gevalle oergees

in hom dra en moes hom help, om weer na sy oertoestand terug te keer

om weer as vrye Gees, in ewige gemeenskap met My, te kan skep en werk.

Dit was die opdrag vir die eerste geskape mens en bly ook die opdrag vir

alle mense tot die einde, tot die totale vergeesteliking van al die gevallenes

afgesluit is.

Dit was nie ‘n te moeilike wilsproef wat die eerste mens moes aflê nie,

maar by hierdie beproewing moes ook My teenstander die reg gegee word

om op hom in te werk. En deur hierdie invloed faal die mens en word vir

die tweede keer afvallig van My. Dit was die eerste sondeval op hierdie

aarde, die sondeval waarvan die mensdom op hoogte is, ook as hulle niks

weet van die vorige afval van die geestelike van My nie. Maar dit verklaar

alles, want die eerste mens sou nie kon val as hy die eerste geskape wese

gewees het wat in volle besit van lig en krag was nie, omdat alleen die

volmaakte uit My kan voortkom. Dan sou geen vyandige krag hom kon

beïnvloed nie. Die oorsaak van sy val is egter te vind in die eertydse val

van die geestelike, wat as die nog onvolwasse siel van die mens hom nou

moes bewys, maar hom nie kon bewys nie.

Die mens het egter verstand en ‘n vrye wil en daarom ook ‘n

verantwoording te dra vir sy siel, dus moes hy vir sy skuld boet. My

teenstander behou die mag oor die as mens beliggaamde geestelike en dit

beteken vir alle mense ‘n moeisame gang oor die aarde met stryd en lyding

verbind. En wel met die doel om hulself te bevry uit sy heerskappy, ‘n doel

wat die mens kan bereik omdat Jesus Christus die mensegeslag, wat

verswak was deur die sondeval van Adam, te hulp kom. Die verlossing is

daarom verseker vir elkeen wat Hom erken as Seun van God en Verlosser

van die wêreld en Hom gewillig navolg.

Die eerste mens kon die brug bou waaroor al sy nakomelinge tot My kon

kom. Maar omdat hy faal, moes die mensdom nog lank in die knegskap van

Satan bly. Tot die Verlosser kom, tot Jesus Christus na die aarde neerdaal

om nou ‘n brug te bou na die geesteryk, deur Sy lyding en sterwe, deur Sy

dood aan die kruis.

Die wilsbeslissing wat van My eersgeskape wese, van Lucifer, gevra word

was geensins as ‘n gebod te beskou nie. Veelmeer was die wese volledig

vry om sy wil na ‘n bepaal rigting te wend en die rigting van sy wil was

211

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!