03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die mens self hoef alleen maar te bewys dat hy die bereidheid het om te

ontvang, deurdat hy met die ligryk in verbinding wil staan. Dus sal die

mens net goeie gedagtes in hom laat opkom wat hom geheel in die ban van

die teenstander bevind, omdat hy nie self die gedagtes voortbring nie,

maar dit hom omstroom soos golwe waardeur hy hom moet laat deurspoel,

as dit ‘n heilsame uitwerking op hom moet hê, as hulle hom insig moet

oorbring wat hom help om die regte besluit te neem. Want dit alleen is die

doel van die aardse lewe van elke mens persoonlik, waarvoor die mens

hom op die aarde mag beliggaam. Amen

Die regte Arts en die regte medisyne

6844 3 Junie 1957

Wat tot genesing van julle siele lei word julle mense steeds gegee, dit word

julle egter alleen aangebied, dit word nie aan julle opgedring nie. Daarom

bly egter ook sovele siele siek en swak omdat hulle verby gaan by dit wat

Ek hul in My liefde steeds aanbied: My woord, wat vir die doodsieke siel die

beste medisyne is.

Julle siele is reeds siek as hulle hul aardse lewe begin en hulle moet

derhalwe ook oor die aarde gaan, om tot volle herstel te kom. Dog hulle

kan die aarde ook weer in dieselfde swakke toestand verlaat, maar dan

moet hulle hul nog eindeloos lank kwel eer hulle dit bereik het wat hulle op

aarde maklik kon bereik het, nl. volledige gesondheid en ‘n staat van lig en

volheid van krag wat julle onbeskryflik gelukkig maak.

Ek Self het as mens oor die aarde gegaan om julle almal die voorbeeld van

‘n regte lewe op aarde te gee. Ek ken elke swakheid en gebrek van die

mens en Ek het daarom aan julle almal die weg getoon, hoe julle ondanks

julle swakhede en gebrekkighede julle doel kan bereik. Ek het julle

onderrig, dus Self tot julle gespreek. Ek het julle op aarde die medisyne

aangebied waardeur julle gesond kan word.

Ek Self het weliswaar weer na My ryk teruggekeer, maar My woord sal julle

steeds gebring word, want Ek Self spreek deur die mond van My dienare,

My disipels, wat in My opdrag tot julle spreek. Ek Self daal in die Woord tot

julle mense neer. Ek is in die Woord by julle omdat dit My medelye

inboesem om julle siek siele in swakheid te sien voortgaan, terwyl Ek weet

dat julle ‘n Arts nodig het Wie julle kan genees omdat Hy julle toestand ken

en die regte medisyne gereed hou.

Dog maar selde soek julle hierdie Arts op en daarom bly julle in julle

swakheid en kan nie herstel nie. En al spreek Ek ook steeds en steeds weer

tot julle, julle luister nie na My nie daarom gaan die kort tyd van julle

aardse lewe verby sonder dat julle siele ‘n geestelike vooruitgang

opgelewer het. Daarom moet Ek My Stem ongewoon luid laat klink, Ek

moet soos ‘n spesialis ook pynlike operasies verrig om julle van ‘n sekere

dood van die siel te red. Dink steeds daaraan wanneer julle dinge sal

548

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!