03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die Liefde het die verlossingswerk volbring

5215 21 September 1951

Ek het vir julle gesterf aan die kruis. My Liefde vir julle het geen grense nie

en ontbrand in die mens Jesus tot ‘n krag, wat die vergoddeliking van sy

Siel bewerkstellig, ‘n staat wat Hom bo die menslike aardse sfeer uit

verhef en Hy een word met My.

Slegs so'n sterk Liefde was in staat om die kruisoffer te bring, want anders

sou Hy as mens dit nie kon volhou nie, as die krag van die Liefde Hom nie

versterk het nie. Hy sterf as mens die kruisdood en tog was dit Ek Self, Wie

Hom vir julle mense oorgelewer het aan die kruis, want die mens Jesus bly

in die Liefde, tot Hy Sy Gees prysgee.

Die Liefde bring dus die offer en die Liefde was Ek Self. Dit is ook ‘n

misterie en sal dit bly solank die aarde bestaan en julle met aards gerigte

denke die verlossingswerk beoordeel.

Die mens Jesus sterf aan die kruis. Ek Self kom na die aarde om julle te

verlos. ‘n Skynbare teenstelling en tog is dit die waarheid wat so lank

onbegryplik is as wat julle nie sal kan begryp, dat Ek Self die Liefde is, dat

die Liefde die Oersubstansie is van die ewige Godheid en dat dus die Liefde

die werk volbring het wat die mensdom moes verlos van die sonde.

Die Liefde egter was in die mens Jesus, derhalwe sterf ‘n mens die

kruisdood, maar dat hierdie mens al Goddelik was bewys die oormaat van

sy lyding, waaraan Hy nie vroeër al aan beswyk nie. Sy Liefde vir die

mensdom was so groot dat Hy wens om te ly om hulle te help.

‘n bomenslike maat van lyding het Hy op Hom geneem, wat alleen al

voldoende sou wees om ‘n menslike liggaam die lewe te ontneem, maar die

krag van sy Liefde hou die liggaam solank in lewe, tot sy vyande Hom

“hemelhoog” verhewe het, tot hulle Hom aan die kruis genael het, tot die

hoogtepunt van sy lyding bereik was. Hy wil die mense die skanddade laat

uitvoer waartoe My teenstander hulle aanhits om ook hierdie te laat sien

dat die mag van ‘n Seun van God ook oor die dood heen reik, dat Hy ook

Heer was oor die dood. En van sy dood moes die hele mensdom op hoogte

gebring word, as hulle verlos wil word.

Hy was deur sy Liefde tot op die einde met My, die Vader verbind, maar sy

beangste Siel herken My nie meer nie, Hy soek My buite Hom en daarom

roep Jesus die woorde uit: “My God, My God, waarom het U My verlaat?".

Die magtige Godheid het Hom slegs teruggetrek, maar die Liefde was en

bly in Hom.

Die Liefde was wel krag in Hom, maar Jesus gebruik hierdie krag nie meer

om sy kruisiging te verhinder nie, alleen nog maar daarvoor om hierdie te

kan volbring, omdat Hy dit wil belewe om My as mens te dien en vir die

medemens te ly en te boet.

58

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!