03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die opwek van die dode deur Gods woord

5605 18 Februarie 1953

Julle moet die dooies tot lewe opwek. Uit die diepte sal julle die lewenlose

na bo bring en weer lewe inblaas, julle moet hulle met ‘n krag aanraak wat

hulle lewend maak. Hierdie krag is My woord wat van bo tot julle kom, wat

Ek Self julle laat toekom sodat julle dit as tussenpersoon deurgee, omdat

My krag ook hulle beroer van wie die gees nog dood is.

Julle besit iets kosbaars, ‘n gawe wat wonderwerking het. Julle besit

geestelike krag en kan daarmee die dode tot lewe opwek. Dog soos julle dit

van die ewige Liefde ontvang, so moet julle My woord ook in liefde

deurgee. Die wil om te help moet julle aanspoor om dit uit te deel wat ook

vir julle tot lewe gewek het, dan sal julle steeds sukses hê en seënryk kan

werk op aarde en ook in die geesteryk.

Orals is groot duisternis en in hierdie duisternis bly tallose geestelike dooie

siele. Lewe beteken egter lig. Ontwaak ten lewe kan egter alleen die siel

wat aangeraak word deur ‘n ligstraal van die warmte wat die liefde uitstraal

en dus stimulerend werk op die verstarde siel. ‘n Liefdeslig moet hierdie

dooie siele beroer, dan ontwaak hulle tot die lewe.

En hierdie liefde en ligstraal moet julle hul bring terwyl julle hulle My woord

skenk, wat hulle bomate weldadig aandoen as dit hulle in liefde aangebied

word. Dit is ‘n geneeskragtige lewenswater wat julle deur My liefde en

genade onafgebroke toevloei. Julle siele word daarvan gesond en vind die

ware lewe en julle sal daarom die dood van die siel nie meer vrees nie.

Maar die baie siele wat in hul grafte lê, wat hulle weliswaar volgens hul idee

nog op aarde bevind en tog geestelike dood is in ‘n beklemmende

duisternis. Hierdie siele omring julle en aan hulle moet julle hulp bied. Julle

moet hulle ophelp uit die nag van die dood tot die lig van die lewe, want

julle het ‘n doeltreffend middel. Julle het die enigste middel wat hulle kan

help, My woord, die krag en liguitstraling van Myself wat nooit sonder

uitwerking bly, as dit die siele maar kan beroer nie.

Solank My woord nie verder deurdring as slegs tot die oor van die mense,

raak dit die siel nog nie, want die siel alleen is vir die werking van My

woord ontvanklik. Maar alleen die liefde open die deur, sodat Ek Self met

My liefdeskrag die siel kan aanraak. En julle liefde open vir My die deur as

julle, julle bes doen om hierdie dooie siele hulp te bied en julle hul My

woord in liefde verkondig.

Besef welke mag julle gegee is: Julle kan die dode opwek ten lewe met My

woord en as alleen die liefde julle daartoe aanspoor om My woord te

verkondig sal Ek julle poging seën. Dra lig in die duisternis waar dit ook al

mag wees. Neem al diegene aan wat geestelik dood is en gedenk sowel

julle dooie mense as ook die dode in die hiernamaals. Wil dat hulle tot lewe

ontwaak en bring hul in liefde My woord en die krag van My woord sal

154

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!