03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

getuig van iets lewends, van ‘n ek-bewussyn, wat nie vanself kan ontstaan

nie maar ‘n oorsprong moet hê uit ‘n ek bewuste Wese, wat die lewe van

die mens laat ontstaan tot ‘n alles omvattend lewe, omdat die mens dit nie

aan homself kan gee nie, maar daarenteen tog aanwesig is. Want ook die

natuurlike proses van die verwekking is ‘n natuurwet wat eers deur ‘n

Wetgewer uitgevaardig word, wat die Wil het om lewende wesens te laat

ontstaan.

Julle mense sou dus verstandelik al tot die gevolgtrekking kan kom dat julle

skepsele is van ‘n almagtige Skepper en dan sou dit julle moet oortuig dat

julle onvolmaak is. Eers as julle deur julle verstandelike denke sover gekom

het om julself hierdie vrae te stel, is daar die moontlikheid om julle in die

vorm van gedagtes, julle aardse opdrag duidelik te maak: dat julle daarna

moet strewe om die volmaaktheid wat julle in die allereerste begin gehad

het, weer te ontvang, wat julle deel was toe julle van My uitgegaan het.

Julle ontbreek die bewys, maar julle kan dink. En dit alleen al verplig julle,

om ook oor die doel van julle bestaan na te dink en opheldering daaroor te

verlang. En so'n wens sal Ek seker vervul omdat julle ‘n deel van My is,

omdat julle kinders van My Liefde is, wat Ek terwille van ‘n doel geskape

het.

Julle kan die ontbrekende kennis te alle tye ontvang, maar julle eie wil is

daarvoor nodig. Want julle word nie gedwing nie, juis omdat julle

oorspronklik vry geskape wesens is wat slegs hul vryheid misbruik het en

dit egter as mens weer goed moet gebruik, om weer tot volmaaktheid te

kom.

Maar die mens misbruik opnuut sy vrye wil as hy nog sy verstand, nog sy

lewenskrag inskakel om ‘n regte lewenswandel te lei. Want dit sal vir hom

maklik wees omdat hy voldoende aanwysings van My kry, hetsy deur My

Woord of deur onontkombare invloed van sy lot.

Altyd is dit egter sy wil wat hy positief of negatief instel en die wil is vry.

Dog die verbintenis tussen My en My skepsele bly bestaan, selfs al word dit

deur die mens verloon, want hy sou nie kan bestaan, as Ek My Wil, d.w.s.

My Liefdeskrag van hom sou terug trek nie.

Hy voel egter niks van hierdie verbintenis, solank hy My afwys nie, solank

hy homself as ‘n geheel onafhanklike skepsel sien. Eers as hy in vrye wil

geheel bewus die verbinding met My nastreef, het hy ‘n besef oor homself

en sy toestand. En dan keer hy weer in sy oertoestand terug, dan sal hy

kan skep en werk in lig en krag en onuitspreeklik salig wees. Amen

Oor die wegneming

6681 30 Oktober 1956

Steeds weer sal julle deur My woord opheldering gegee word in alle

geestelike vrae, wat julle nie alleen kan oplos nie. Waar dus My Gees

ingeskakel word, al is julle denke ook reg en volgens die waarheid. Alleen

479

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!