03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

moedeloos en verslap nie in die arbeid vir My en My Ryk nie, want dit is in

die eindtyd die mees dringende en oortref alle aardse werksaamhede aan

waarde, ofskoon dit nie deur die mense as arbeid gesien word nie en dit

alle waarde ontsê word.

Maar die mense weet nie welke nuttelose werk hulle self verrig, wanneer

hulle hulself slegs maar aards besighou sonder enige geestelike strewe,

sonder ‘n geestelike doel nie. En ook moet julle hulle opmerksaam maak

daarop dat hulle immers tog niks sal behou nie, dat alles sal vergaan en dat

hulle alle lewenskrag nutteloos verkwis, wat hulle slegs aards gebruik. Hulle

moet weet dat hulle daarmee vir hulle geestelike goedere sou kan verwerf

en daarmee dan onverganklike skatte vir die ewigheid sou kan vergader.

En nog eens: Geloof sal julle weinig vind, maar woorde wat die hart en die

verstand eens opgeneem het kan wel uit die bewussyn verdwyn, maar dit

kom sekerlik weer te voorskyn hoe meer dit na die einde loop en dan kan

hulle nog ‘n uitwerking hê as dit maar ernstig geneem word. Elke mens

word in die komende tyd nog deur My aangespreek. En julle staan My

daarmee by in soverre, dat julle die skakel is tussen My en hulle, dat julle

alleen maar uitspreek wat Ek aan almal te sê het. En die gebeurtenisse in

hierdie tyd sal julle woorde nog onderstreep; en daarom, hou julle steeds

gereed, julle, My dienare op aarde, sodat Ek julle te alle tye kan roep as Ek

julle nodig het om in My plek te spreek. Glo nie dat julle vergeefse arbeid

verrig nie, want Ek Self seën julle aktiwiteite en Ek help julle waar julle

krag nie toereikend is nie. Want die tyd tot aan die einde moet nog goed

benut word en daarom moet elke geleentheid nog aangegryp word waar

daar aan ‘n siel nog reddend werk verrig kan word, sodat hulle aan die mag

van My teenstander ontruk word. Amen

Besetenheid - Sondeskuld van die vadere

6691 17 November 1956

Elke mens is met gawes deur My begunstig, wat hom die volwasse wording

van sy siel waarborg; en of hy ook skynbaar van nature liggaamlik of

geestelik misvormd is, in elke mens is die siel in die staat van

volwassenheid wat ‘n beliggaming op aarde toelaat.

Nou kan daar egter kragte, wat uit die diepte kom, besit neem van die

liggaam van ‘n mens, wat ook uiterlik te sien is, wanneer ‘n mens dinge

volbring wat heeltemal teen My ordening is, waaraan die eintlike siel van

die mens egter geen deel het nie, maar homself net nie kan verweer teen

hierdie kragte nie, wat homself verdring en hulle kwaad in die menslike

omhulling bedryf.

En dat Ek so-iets toelaat, het ook sy wyse rede, maar julle mense moet

egter nie besluit dat sulke mense vir ewige tye verlore sal gaan nie, want

Ek staan die siel by dat sulke kragte nie besit van hom kan neem nie en die

stille leed wat vir hom daardeur ontstaan, dra by tot sy eie loutering, sodat

485

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!