03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

voor My oë kon laat verbygaan en omdat My liefde julle beskou het as My

gevalle broeders; het Ek na die enigste uitweg gesoek wat vir julle die

ontsettende lot kon afwend. Ek het al julle skuld op Myself geneem en het

daarmee die weg na die kruis gegaan. Wat My aards aangedoen was, is as’t

ware maar die simbool van wat die hele sondelas vir My beteken het: - ‘n

Onmeetlike drukkende en na benede trekkende las wat My steeds weer op

die grond gewerp het en wat Ek tog gedra het uit oorgrote liefde. Wat My

liggaam aan smarte kon verduur, het Ek op My geneem, want Ek het die

sondelas vir julle gedra. Ek wou so die versoening tot stand bring waaraan

julle onherroeplik sou moes voldoen het, maar waartoe julle gedurende

ewighede nie in staat sou gewees het om te doen nie.

Ek het gely en gestry, Ek het waarlik bloed gesweet. Ek het binne-in alle

dieptes van die hel gekyk en angs en afgryse het My siel verskeur. Ek het

alles verdra wat julself sou moes ly en My liefde vir julle het My die krag

gegee om vol te hou tot aan die uur van die dood. Niks is te vergelyk met

My lyding nie en geen mens sou hierdie maat kon verdra het nie. Ek het My

vrywillig daarvoor aangebied, omdat Ek geweet het dat julle alleen so

verlos kon word uit die boeie van Satan. Ek het al vooraf geweet wat My te

wagte gestaan het en het die las steeds met My saamgedra. Ek het die weg

bewustelik gegaan, waarvan die einddoel die kruis was. Maar Ek het

onbeskryflik gely deur dit te weet en kon daarom nooit vrolik wees tussen

Myne nie. Ek het die onheil gesien wat bokant die siele gehang het en Ek

het die nutteloosheid van hulle aardse lewenswandel gesien as Ek sou faal

en hulle nie die verlossing sou bring uit sonde en dood nie. En hierdie

kennis het My Wil versterk, sodat Ek My sonder verset aan My lot oorgegee

het, wat die doel en betekenis van My aardse lewe was. Dog tot die laaste

moes Ek worstel, tot die laaste het die las so ontsaglik hoog bokant My

uitgetoring, dat Ek My krag voel verminder het en Ek as mens het tot God

geroep - om die kelk vir My te laat verbygaan. Maar die krag van My liefde

was sterker as My menslike swakheid en die dag van My onuitspreeklike

lyding en My sterwe aan die kruis het vir julle mense die dag van verlossing

van al julle skuld geword.

En hierdie kennis het My alles geduldig op My laat neem, sodat Ek ten

laaste kon uitroep: "Dit is volbring". My siel kon terugkeer vanwaar Hy

gekom het en juis deur My dood, vind die volkome vereniging plaas met die

Vader van die Ewigheid. Amen

Jesus neem al die leed op Hom - Waarom nog leed?

6240 17 April 1955

Ek het al die leed van die mense op My geneem. Julle kan nou onbeswaard

deur die aardse lewe gaan en ongehinderd opwaarts strewe. Julle sou

waarlik op aarde al ‘n lewe kan lei soos in die paradys, as julle maar vir

julle einddoel sou lewe. As julle bewus die vereniging met My nastreef, wat

324

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!