03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

tot insig te kom, maar Ek dwing hulle nie daartoe nie en waar hulle julle

skade wil berokken, daar plaas Ek bewakers wat julle beskerm teen hulle

verderflike venyn, wat hulle afweer om naby julle te kom; Want wie Ek

bestem het om vir My te arbei, ondervind ook My beskerming in die

oorvloedigste mate, om nie gehinder te word in sy werksaamheid nie.

Die stryd tussen lig en duisternis sal steeds heftiger ontbrand en julle

bevind julself in die tyd van hierdie stryd. Julle sal julself moet bewys deur

sterk onbevreesde stryders te wees vir My en My Woord. Maar Ek sal julle

ook die krag gee om julle teen elke bevel te kan verset, julle sal stry met

die swaard van die mond en Ek Self sal daarby die swaard hanteer, Ek sal

julle steeds weer die woorde in die mond lê as julle vir My stry, omdat dit

My Wil is dat die dwaling blootgelê sal word, wat maar net deur ‘n stryder

sonder angs gedoen kan word, wat die krag om te weerstaan, van My

ontvang.

Wees daarom nie bevrees wanneer julle aangeval sal word nie, weet

inteendeel, dat julle steeds deur My begelei en beskut sal word en neem die

uitdaging rustig aan. Dwing hulle wat teen julle is tot ‘n woordestryd, julle

sal sekerlik nie die onderspit delf nie, al sou My teenstander self julle

aanval. Want julle is nooit alleen nie, julle sal steeds seker kan wees van

My teenwoordigheid, waarteen die teenstander ook nie opgewasse is nie.

Maar sonder stryd sal dit in die laaste tyd vóór die einde nie gaan nie. Maar

julle sal stry vir My en My Naam en daarom sal julle ook My beskerming

geniet, soos Ek dit aan julle beloof het. Amen

Die taak om die waarheid te versprei veronderstel

ontvangs van die waarheid van God

6252 7 Mei 1955

Julle moet in My naam praat vir My en My koninkryk. Julle moet dieselfde

aan mense sê wat Ek Self aan hulle sou sê as Ek sigbaar onder hulle

gewoon het. julle moet hulle in die waarheid onderrig soos Ek Self gedoen

het tydens die tyd wat Ek op aarde geleef het.

As Ek julle hierdie taak gee moet Ek julle ook van die moontlikheid voorsien

om dit te verwesenlik. En as Ek van julle verwag om die waarheid aan

mense te gee moet Ek julle ook die waarheid gee, sodat julle

ooreenkomstig My wil vir My en My koninkryk sal kan werk. Daarom kan

julle ook sekere wees dat wat Ek aan julle gee die absolute waarheid is,

anders kan Ek nie van julle verwag om die Evangelie in My naam te

verkondig nie. En so kan julle julself vol vertroue beskou as My

instrumente, julle kan met volle vertroue herhaal wat julle van My ontvang

deur die Gees, julle kan opstaan vir die waarheid met oortuiging. Julle moet

nie twyfel nie of julle sou My liefde, almag en die wysheid van God moet

bevraag as hy nie julle teen foute kan beskerm nie.

329

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!