03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

nie yweriger ‘n begin met die werk aan julle siele nie? Julle begryp dit nog

steeds nie, dat Ek nie daar te vinde is waar julle My wil weg sit nie.

Julle het almal die moontlikheid om My in julle teenwoordig te hê. Julle

almal het self in julle die plek waar Ek wil wees. By elkeen van julle is Ek so

naby as wat julle My wil hê en elkeen het die mag om My tot hom te trek

as hy maar My enige voorwaarde vervul, dat hy in sy hart die liefde

gestalte gee. Want; wie in die liefde bly die bly in My en Ek in hom! Alleen

die liefde verseker julle My teenwoordigheid. Nooit egter kan Ek daar wees

waar julle My soek, as julle harte nie ontvlamd is met liefde nie.

En daarom is dit dwaasheid om vir My huise te wil bou wat vir niks anders

dien as om van tyd tot tyd mense byeen te bring, wat met verkeerde denke

lewe. Want hulle wat met My wil praat, kan dit te enige tyd en plek in die

hart doen. Hulle het waarlik geen plek nodig om saam te kom van die

soort, waar die oog so gebind word dat elke diepere konsentrasie uit gesluit

word nie.

Orals waar My Woord die mense gebring word, waar julle preke kan hoor

wat julle hart na verlang, daar vertoef Ek en spreek Ek Self deur die

verkondiger van My Woord die mense aan wat My wil hoor. Want om My

Woord te hoor is vir julle, die enigste wat van belang is, julle wat so naby

die einde staan en tog nog eindeloos ver van My verwyderd is. Alleen dit

wat daarop gerig is om die siel uit sy slaap op te wek kry My toestemming

en My seën.

Maar hoe kan julle siele tot lewe gewek word deur uiterlike manifestasies,

deur wêreldse prag en praal, deur voortdurende streling van die oog en

oor, deur alles wat die uiterlike sintuie van die mense beroer maar nie die

lewe aan die siel kan gee nie? Dit kan alleen maar deur die liefde ontwaak

en gesond word en daarom moet die liefde altyd die voorwaarde wees. Die

liefde moet gepreek en beoefen word, waartoe julle ook steeds geleentheid

gegee word. Want ‘n siel wat liefde ontvang vind eerder die weg tot My,

omdat liefde - liefde opwek.

Daarom, doen goed aan julle naaste en verminder sy nood. Probeer hom op

elke wys te help geestelike en liggaamlik moet julle sorg dra vir julle

medemens en hom dit gee wat hom ontbreek. Maar julle moet geen dooie

dinge oprig, waarvan die vervaardiging dus ook nie strook met My Wil nie,

omdat die stoflike nood op aarde so groot is, dat dit waarlik vir My

welgevalliger sou wees as hierdie nood verlig sou word.

Wat glo julle om by My te bereik met julle pronkgeboue? Alle skatte van die

wêreld is tog uiteindelik My eiendom, wat egter dringend verlossing nodig

het uit die keting van My teenstander. Wat julle egter vaster kluistert in

materie. Julle wil daarmee geboue oprig vir die ewigheid en julle glo om My

daarmee eer te bewys. En as My liefde geen erbarming het met die

onverloste geestelike nie, dan sou hul kwellinge deur die wil van die mense

nog onmeetlike tyd verleng word deur die wil van die mense, wat die

372

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!