03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

siel suiwer en al die onedele in die teendeel omsit. En die liefde het as

begeleier ook dikwels die leed, wat vooraf harde omhulsels oplos, wat

steeds nog weerstand bied teen die liefde. Dus is liefde en leed die

louteringsmiddele van die siel en liefde en leed kan die mense met slegte

eienskappe verander in deugsame mense, dit kan die hoogmoed breek en

die ware deemoed in die hart van die mens te voorskyn roep, dit kan die

ongeduldiges tot sagmoedigheid en geduld opvoed, dit kan tot

barmhartigheid aanspoor en die geregtigheid na vore laat kom. Dit kan die

hele wese van die mens verander en dus nog op aarde die siel vergeestelik.

En daarom moet julle voortdurend liefde beoefen en alle leed geduldig op

julle neem. Julle moet die kruis dra wat julle opgelê word en daarby

voortdurend julle beste doen om vir julle medemens die leed ver weg te

hou, om hulle gelukkig te maak en ook hulle te help om hul

sielsvolwassenheid te verkry, deurdat julle hulle dus die evangelie van die

liefde preek en hulle dit ook uitleef. Die mens moet bewustelik die arbeid

aan sy siel verrig, hy moet hom van alle ondeugde en begeertes self

probeer vrymaak en die krag daartoe sal vir hom vermeerder in die liefde,

wat hy weer in praktyk kan bring by sy naaste.

En word leed hom opgelê, dan moet hy die leed eweneens beskou as ‘n

middel om homself te voltooi, omdat dit vir hom min help, indien die liefde

nog te swak is. Die siel moet kristalhelder sy liggaam kan verlaat om, met

lig deurstraal, binne te kan gaan in die ryk hierna. Maar julle mense het

nog minder of meer omhullings om op te los wat hierdie ligstraling teenhou

vir die siel. Julle sal nog aan julself moet werk om die deugde te ontplooi

wat ‘n siel moet versier, julle sal deemoedig, sagmoedig, vredeliewend,

barmhartig, regverdig en geduldig moet word en dit vereis ‘n bewustelike

arbeid aan julself, wat daarom dikwels deur leed van allerlei aard bevorder

word.

En so moet julle ook die seën van die lyding insien wat ‘n verlossende

betekenis het, dat dit nie steeds as straf vir sondes beskou moet word nie,

veeleer dikwels alleen as ‘n werksame middel om die volwassenheid van

siel te verkry. Al julle slegte gewoontes en begeertes moet julle aflê en dit

verg dikwels ‘n stryd, wat julle egter in die toestand van liggaamlike lyding

baie makliker opval as in ‘n toestand van liggaamlike welsyn, wat eerder

geskik is om sulke kwaad te vergroot as te verklein. Ek het nie sommer net

die woorde: "Wie My wil navolg neem sy kruis op" uitgespreek nie.

Wel het Ek vir julle sondeskuld aan die kruis gesterf, al die leed het Ek op

My geneem, daardeur het Ek dit moontlik gemaak, dat julle vry sal kan

word, dat julle krag verkry. Terwille van die verlossingswerk kan al julle

sondes vergewe word en dus is julle ook die ingaan in die lig ryk verseker,

as julle My en My verlossingswerk erken en ‘n beroep doen op die

barmhartigheid van die verlossingswerk, deurdat julle My vra om verlossing

en vergewing van julle skuld. Maar tog word daar vir julself ‘n sekere siele-

491

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!