03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hulle kan nie teen hulle wil uit hulle ellendige staat verlos word nie. Om

egter die goeie te kan wil is julle voorspraak nodig, ‘n gebed, wat hulle in

liefde geskenk word as hulle so in julle gedagtes dring. Want julle moet

weet dat die siel julle om hulp smeek as hulle hul in julle gedagtes opdring.

En dat die siele wat op julle hulp hoop julle voortdurend omring en dat julle

die gedagtes aan oorledenes nie uit onwil mag terug dwing nie, as julle hul

kwellinge nie wil vererger nie.

Om julle en julle vrye wil nie te benadeel nie bly die lot van hierdie siele

aan julle verborge. Dit is twee wêrelde waar julle en die oorlede siele hulle

in bevind. Daar is ‘n grens getrek en ‘n blik in hul wêreld is julle ontsê.

Maar tog bestaan dit en julle kan hul uit julle wêreld baie liefde verkondig,

wat sy uitwerking op ‘n sodanige manier het en van so'n groot omvang is,

dat tallose siele hul toestand kan ontvlug. Dink kragtig aan hierdie arme

siele en skenk aandag aan hul nood. Want wat julle vir hulle doen in

medelydende liefde sal julle ryklik beloon word, deurdat julle op aarde

reeds geestelike hulp ten deel val deur al die siele wat uit die duisternis al

tot die lig gekom het. Amen

Die kluistering van Satan - Die nuwe aarde

5769 14 September 1953

Die mag van die bose sal vir ‘n lang tyd gebreek word, want Satan sal in

kettings gelê word. ‘n Tyd van vrede sal die tyd van stryd in die heelal aflos

en geen wese van die duisternis sal die mense op aarde meer kan verdruk

nie. Satan self en ook sy aanhang sal vir ‘n lang tyd gekluister wees en die

mense op die nuwe aarde sal nie sy kettings ontbind nie, omdat hulle innig

met Jesus verbind is en niks meer sal nastreef buiten Hom nie, Wie hulle

nou in liefde versorg, geestelik en ook liggaamlik.

Die tyd van vrede op die nuwe aarde is ‘n vereffening wat die mense

beskore is wat Jesus trou is en wil bly, vir die tyd van onbeskryflike leed in

die laaste tyd op hierdie aarde. Dit sal vir hulle waarlik ‘n tyd van stryd

wees, want hulle sal vervolg word na liggaam en gees. En hulle sal hulself

nouliks teen hulle verdrukkers verweer, wat selfs hulle lewe sal bedreig as

hulle hulself nie aan hulle wil onderwerp nie.

Maar vir hierdie mense word steeds weer ‘n tyd van vrede beloof deur

sieners en profete. ‘n Tyd waarin geen gevaar hulle meer sal bedreig nie en

waarin die liggaam en die siel hulself mag verkwik aan die wonderwerke

van Jesus se liefde; waarin ‘n salige vrede hulle hart sal vervul deur die

teenwoordigheid van Hom, Wie hulle liefhet en vir Wie hulle gely het. Alles

sal vredevol wees en skepping en skepsele sal in harmonie wees met

mekaar. En die geestelike wat ook nog gekluister is, sal moeite doen om

vooruit te kom, omdat hulle die nabyheid bespeur van Hom aan Wie hulle

hulself weer moet oorgee. En ook omdat die geestelike uitstraling van die

mense die gekluisterde in die skepping weldadig beïnvloed.

198

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!