03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die verstand sonder liefde is sonder waarde, die mens op aarde, wie se

denke deur die liefde verlig is, sal bomatig seënryk kan inwerk op diegene

wat die verligting deur die Gees ervaar het. Want aan hom sal God Homself

openbaar en hy sal getuienis kan aflê van God se Liefde, Wysheid en

Almag, hy sal die diepste kennis bekom en met sukses werksaam wees op

aarde vir God en Sy Ryk. Amen

Die massa staan nooit agter die Waarheid nie -

Verspreiding - Teenstander

6493 6 Maart 1956

Julle mag julle nie van koers laat bring deur die misleiding van My

teenstander nie, julle sal inteendeel steeds maar net op dit moet let wat vir

julle duidelikheid gee, wat as sagte lig van bo neerstraal. Die lig, die

waarheid uit My, tref julle oë nie met ‘n verblindende skynsel nie, dit wil sê,

nooit sal die waarheid so plotseling oplig en deurbreek in die openbaar nie.

Want die "goddelike lig" word nie deur die wêreld herken en erken nie en

dit sal nie vinnig versprei word nie, maar vir die "betowerende lig" sal baie

oë oopgaan, dit word heelwat eerder aangeneem as die suiwerste

waarheid, die Lig van die Liefde uit My. Want dit is die teken van die

ondeurdringbare duisternis vóór die einde, dat die mense vir die leuen

oopstaan, vir alles wat uit die onderste ryk voortkom, dat hulle geen begrip

meer sal hê vir die goddelike waarheid nie.

Maar sodra My teenstander ‘n bedrieglike lig sal laat opflits, het hulle geen

afwering daarvoor nie, veel eerder trag hulle om dit oral te versprei, hulle

help saam om die nag nog meer te verduister, omdat hulle, hulle oë

ongevoelig gemaak het vir ‘n sagte stralende lig. Want hulle wil nie innerlik

verlig word nie, hulle wil hulle slegs verlustig aan ‘n vuurwerk wat slegs lig

moet optower en ‘n genot is vir die oë. En tog sal in die laaste tyd steeds

meer ligdraers opstaan en dwarsdeur die duisternis heen gaan en die paar

wat hulle lig as ‘n weldaad ondervind nog om hulself versamel.

Daar sal in die laaste tyd nog baie bodes van bo werk op die aarde, om aan

die mense, wat van goeie wil is, hulp te verleen. My woord sal verkondig

word deur dienaars wat vervul is met krag, wat vanweë hierdie missie op

die aarde gekom het om die lig van die waarheid die duisternis binne te

dra. Maar hulle almal sal slegs in die verborgenheid werksaam wees, hulle

sal egter nie daarvoor terugdeins om openlik en vrylik tot die mense te

spreek nie, maar in die wêreld sal mense weinig notisie neem van hierdie

verkondigers van My leer en My Naam. Maar die weiniges wat die nag sal

wil ontvlug, sal van hulle helder lig ontvang. Want hulle woorde het groot

krag. En waar hierdie dienaars van My optree, sal My teenstander nie lank

op hom laat wag om die lig uit te doof of te verduister nie en daarom op so

‘n ongewone manier te voorskyn kom dat die wêreld aan hom aandag sal

skenk. En daaraan sal julle weer sy werksaamheid kan herken.

402

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!