03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

In die eindtyd sal menig mens hul in die war laat bring, egter alleen omdat

hy self nog lou is en nie tot My die toevlug neem om tot die waarheid te

kom nie. En My teenstander weet hoe hy die mense die beste kan wen wat

hulle nog nie geheel aan My toevertrou het nie. Hy is nie bang om onder ‘n

masker van vroomheid hierdie mense te beïnvloed nie. Sy doel is om My

beeld te misvorm, die mense van My te vervreem en die besef van Myself

te bemoeilik. Daarom bedien hy hom van woorde wat vele interpretasies

toelaat en lê dit dan so uit, dat hulle misverstaan word en van die regte

geloof in My en die liefde tot My wegvoer, omdat daar volgens sy uitleg

geen ware besef van My kan bestaan nie.

My teenstander beïnvloed dus swakke, nog nie rotsvas met My verbinde

mense deur op hierdie wyse My Woord uit te lê, dus skynbaar vir My te

spreek maar in werklikheid tog teen My, want dit is nie die waarheid wat hy

daardeur versprei nie. Maar die vaste wil om vir My en My ryk te arbei sal

die gevaar uitsluit. Hoeveel egter wandel nog nie in ‘n lewend geloof in My

en in diepe liefde tot My en die naaste nie, sodat hulle ook nog nie deur My

Gees verlig is nie. Maar vele van hulle staan in die lewe op ‘n plek waar My

Woord verkondig moet word. Hierdie doen moeite om die mense

verstandelik My Woord uit te lê, maar die verstand alleen staan onder die

invloed van My teenstander wat hulle in die war wil bring om teen My te

werk. En weer lê Ek daar nadruk op dat die wil van die mens om die

waarheid te wete te kom of die waarheid uit te deel, alleen beslissend is of

hy die waarheid ontvang of onderrig.

Die verlange na die suiwere waarheid moet die mens vervul, dan kan hy

ook daarvan oortuig wees dat hom die waarheid gestuur word. Maar My

teenstander is ywerig besig om die waarheid te ondermyn en hy het sukses

daar waar die wil om die waarheid te ken nie baie groot is nie en Ek Myself

daarom ook nie as Gewer van die waarheid, beskerming vir hierdie mense

kan gee nie, omdat alleen die wil van die mens beslissend is vir die

geestelike goed wat hy ontvang. Laat julle dus nie deur vrome woorde

mislei nie, want die kan My teenstander ook gebruik waar hy 'n goeie

bodem daarvoor vind.

Nie die woord self is van My nie maar die Gees wat Ek in My Woord gelê

het. Die woord self kan sonder My Gees wel verander word en so kan dit

ook deur My teenstander gebruik word om sy doel te bereik, om julle van

die waarheid te skei. Die Gees is egter My Aandeel. Dus as julle die Gees in

die Woord soek sal My Gees julle ook opheldering gee, wat egter afwyk van

die uitleg van hom wat hom van My woord bedien maar nie met My Gees

vervul is nie.

Nou is dit die tyd van die einde waarin My teenstander groot verwarring

onder die mense aanrig. Daarom, bly oplettend en beproef alles en as julle

dit doen met die bede om My ondersteuning, sal julle die waarheid insien

en die goeie behou. Amen

179

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!