03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

geestelike betekenis van die Woord insien en hy sal nie meer in die letter

bly vassteek nie.

Die “opstanding van die vlees ”. Hierdie woorde beteken vir julle dieselfde

as die lewe na die dood. En vir julle mense beteken “lewe” dieselfde as om

liggaamlike rond te loop. So lê julle hierdie woorde uit solank julle Gees nog

nie ontwaak het nie en solank julle nog nie weet wat onder “lewe” eintlik te

verstaan is nie. Mense wat nie aan ‘n lewe na die dood glo nie, dink, dat hul

bestaan eindig by hul liggaamlike dood. Vir hulle beteken die verblyf in hul

liggaamlike omhulsel “lewe”. Hulle weet dat hulle deur die dood die

omhulsel verloor, maar hulle glo nie aan die drie dele nl. liggaam, siel en

Gees nie. Vir hulle bestaan alleen die liggaam - die vlees - en met die dood

daarvan hou vir hulle die begrip “lewe” op om te bestaan .

Die “opstanding van die vlees” beteken vir hulle die opstanding van die

liggaam. Hulle verstaan daaronder alleen hul liggaamlike omhulsel. En vir

hulle is die leer van die “opstanding van die vlees” moeilik te begryp, terwyl

van kerklike kant geëis word om dit te glo. En tog kan ook hierdie leer nog

tot ‘n seën wees as die mens daardeur aan ‘n “opstanding", aan ‘n lewe ná

die dood glo. Want deur dit te glo verander hy miskien ook sy wese en

hierdie verandering kan tot sy ontwaaking lei, tot ‘n deurstraling met My

Gees. Dan snap hy ook die woorde "opstanding van die vlees” en dan

verstaan hy ook die geestelike betekenis daarvan.

Opstanding beteken: Vanuit die dood tot die lewe ontwaak, opstaan uit ‘n

toestand van slaap, uit die donker in die lig tree. En so sal ook alles aan die

lig kom wat tevore in die donker van die geestelike nag verborge gelê het.

Dit staan op en word openbaar, dit word lewend om te getuig. In ‘n

toestand van dood kan nie getuigenis afgelê word nie. Maar wat in die lewe

gebeur, in die staat waarin julle op aarde in die vlees leef, dit word

openbaar en staan om vir of teen julle te getuig. dit is nie die materiële

vleeslike liggaam wat weer uit die stof opstaan om julle opnuut te bekleë

tot ‘n nuwe lewe nie.

Want die vleeslike liggaam is slegs ‘n verganklike omhulsel vir die siel, wat

egter onverganklik is en nie kan sterf nie. Die “geestelike dood” kan julle

deel wees, by die skeiding van hierdie aarde, maar julle kan ook in die

hiernamaals nog tot die lewe ontwaak, julle kan daar nog “opstaan” as julle

die weg tot My in Jesus Christus vind en Ek julle die lewe kan gee.

In Jesus Christus neem ook Ek “vlees” aan toe Ek op die aarde gekom het

en ook die “vlees” moet die aardse dood deurstaan. Maar Ek verrys uit die

dood om julle te wys dat ook julle lewe met die dood van die liggaam nie

eindig nie, dat ook julle siele kan opstaan en vir ewige lewe.

Ek laat egter as teken van die waarheid van My Woorde ook My liggaam

opstaan. Nogtans was dit geen opstanding van die vlees nie, want My

liggaam was vergeestelik. Die siel het hom beklee met die geestelike kleed,

dit het alle geestelike substansies van die aardse liggaam onttrek omdat dit

deur My lewe en dood reeds heeltemal vergeestelik was.

271

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!