03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

In die komende tyd sal één persoon op ‘n ander vertrou en waar die mense

mekaar nie ondersteun nie sal die ontbering byna ondraaglik lyk tensy hulle

na My kom, Wie nie ‘n persoon sal verlaat as hy na My roep nie en dit is al

wat Ek bereik, dat mense so‘n innige vereniging met My tot stand sal bring

dat hulle nooit eensaam en verlate sal voel nie, maar altyd sal weet dat hul

Beskermer en Helper by hulle is en dat hulle dan nie meer hul teëspoed so

bitter sal voel soos die persoon wat nog ver van My af is nie. Elke teëspoed

is draaglik vir ‘n persoon wat by My ‘n toevlugsoord soek, maar julle wat

My wil dien, kan as bemiddelaars tussen My en hulle werk, julle kan hulle

wys hoe om hul nood weg te neem en as julle dit met liefde doen sal julle

ook suksesvol wees.

Laat julle harte nie verhard word nie, ignoreer nie julle medemens se

ontbering nie, kyk om julle rond en julle sal baie teëspoed sien en julle hulp

aan ander sal altyd vertroostend wees. Julle almal kan help, want die ware

soort hulp bestaan uit liefdevolle gedagtes, liefdevolle woorde en dade wat

julle liefde julle vra om te doen. Ware medelewende liefde vir julle

medemens in nood sal julle altyd middele laat vind om hul ontbering te

verlig en geestelike begeleiding is dikwels van meer waarde as aardse

bystand, want daardeur maak julle die deur na hul harte vir My oop en

sodra Ek by hulle kan ingaan sal hulle getroos word en graag hul kruis vir

die belang van hul siele dra. En dan sal hul teëspoed ‘n seën wees, want

hulle sal hul weg terug na die Vader huis gevind het, Ek sal hulle gewen het

vir ewig. Amen

Wêreldgebeure - Chaos – Antichris

6764 15 Februarie 1957

Daar sal ‘n onbeskryflike chaos wees nadat Ek deur die geweld van die

natuur gespreek het, want solank as wat die aarde bestaan het, het die

mense so-iets nog nooit beleef nie. Deur angs en skrik sal hulle nie in staat

wees om te dink en te handel nie, want hulle sal ‘n herhaling van die

gebeurtenis vrees en sal daarom geen hand kan uitsteek om te help en te

red waar nog hulp moontlik is nie.

Daar sal maar weinig wees wat besef wat daar gebeur het, omdat hulle

vooraf daarop gewys was en nou die waarheid van My woorde gesien het,

daarom sal hulle nou ook met volle oortuiging vir hulle medemens ‘n uitleg

kan gee, ofskoon maar min sal luister. Hulle sal alles glo, behalwe om ‘n

Goddelike verlossingsplan te aanvaar wat op die manier verwesenlik word.

Nogtans moet die tyd goed benut word en die mense ook in verband

daarmee in kennis gestel word van die aanstaande einde. Wat homself in

die kosmos sal voltrek, kan hulle nie verloën nie en wat vooraf aangekondig

was, kan enkele mense nog tot nadenke bring. Maar die wil om te lewe en

die drang tot selfbehoud sal tog seëvier en die mense sal alles doen om die

nood te bemeester wat deur die natuurkatastrofe veroorsaak is. En nou

516

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!