03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die angs om te sterf - ‘n Voorskou in die geesteryk

6637 6 September 1956

Die geestelike dood is baie verskrikliker as die aardse dood. Dit is die

geestelike dood wat die mense die angs gee om die liggaamlike dood

onbewus te vrees, dit is hierdie angs wat die mens oorval wat nie aan ‘n

lewe na die dood glo nie. Dit is die siel wat voel dat hy in ‘n swak toestand

is en dit aan die bewussyn as angs oordra, sodat die liggaam hom teen die

dood verweer solank dit vir hom moontlik is.

Die angs vir die dood is ‘n bewys van die onvolwassenheid van die siel,

want dit ontbreek hom aan kennis en daarom aan vertroue in Gods

barmhartigheid, wat hoor en help, wat ‘n ekstra tydjie sal verleen as hulle

daarom sou vra. Hulle bevind hulle in ‘n diepe duisternis en vrees onbewus

’n nog diepere nag, wat hulle tegemoet gaan.

‘n Volwasse siel sal sy laaste uur volkom rustig afwag en verlang na die

bevrying uit sy liggaamlike omhulsel. Hulle gee so oor aan Hom in Wie hulle

glo en gee hom in Sy genade oor. En dikwels mag hierdie siele voor hul

dood reeds ‘n blik kry in die ryk wat vir hulle wag. En gelukstralend open

hulle die oë om dit dan vir ewig te sluit en hul liggaam te verlaat, om binne

te gaan in die ryk wat hulle aanskou het. Die angs vir die dood is ‘n duidelik

teken van die gesteldheid wat die siel hom in bevind. Sulke siele moet baie

hulp verleen word van die kant van die mense, omdat hulle nog in die

laaste minuut kan ontwaak en hulle tot die Een wend, wat kan en wil help.

‘n stil en innig gebed tot Jesus kan ’n siel opwaarts help as julle met ’n siel

meeleef wat in angs met die dood worstel en hom help om innerlike rus te

vind. Want hierdie siel sal die hulp aanneem en die laaste reddingsanker

gryp. En hy word, as hy sy liggaam verlaat, deur die liefde van die

medemens na Jesus Christus gedra, wat Sy oor nie sluit vir ‘n innig gebed

om hulp nie.

Daarom moet die mense hulle in die besonder ontferm oor hulle wat angs

het om te sterf, want deur die angs beken hulle dat hulle nog ver staan van

die lig af, van die ware insig en daarom ook van God. Die angs vir die dood

bewys dat hulle hulp nodig het, anders sou ‘n salige rus hulle vervul het as

hulle uur van skeiding van die aarde kom.

Dit is ‘n werk van baie groot barmhartigheid en liefde om ‘n bang siel

bystand te verleen, wat daarin bestaan dat julle Jesus vra om Hom oor

hierdie siel te ontferm. En hierdie liefdes gebed sal verhoor word en kan vir

die siel sy redding beteken, sodat hy die duistere nag gespaar word. Amen

Oor "die hel" - Die hernieude kluistering - Die

eindelose Liefde van Jesus

6638 7 September 1956

Ook die verwerplikste skepsel is ‘n kind van My liefde. Daarom geld My sorg

vir hom ook onverminderd, sodat hy eenmaal na My sal terugkeer, ofskoon

458

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!