03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Maar hy haat die lig omdat hy die waarheid haat en gaan daarom teen die

waarheid in. En solank julle julself op aarde sal besig hou om die waarheid

te versprei en My Woord te bring aan julle medemens, solank sal hy julle

ook as vyand vervolg en sal probeer om julle ten gronde te rig.

Hy sal die waarheid openlik aanval en julle, wat vir die waarheid instaan,

belaster. En hy sal julle as bedrieërs voorhou om ook die geestesgoed wat

julle verteenwoordig, twyfelagtig te maak. Maar hy kan tog nie teen julle

standhou nie, want agter julle en die waarheid staan Ek Self.

Maar hy sal slaag om julle, My verteenwoordigers, uitmekaar te dryf. Hy sal

slaag om julle te isoleer, omdat die gemeenskaplike arbeid hom nie pas nie

en omdat hy in die stryd teen die enkeling op sukses reken.

Maar selfs daarom beskerm Ek nog die lig en die suiwer waarheid sal hy nie

kan verswak nie. Tog moet julle waaksaam wees en bid, want julle is

steeds in gevaar om swak te word, as julle My nie om beskerming sal

aanroep teen alle aanvalle van die teenstander nie.

Want die einde is naby al raas hy met versterkte mag; want sy tyd het

gekom waarin hy weer gekluister sal word soos verkondig is. Die waarheid

sal seëvier en almal tot saligheid bring wat aan die waarheid sal gehoor

skenk en so die lig aanneem wat Ek sal laat opflikker. Want daardeur kan

Ek hulle help om vanuit die duisternis van die geeste en uit die mag van die

dood tot die lig en die lewe te kom en deur die waarheid aan die saligheid

deelagtig te word. Amen

Elkeen kan aangespreek word deur God in die vorm

van gedagtes

5469 23 Augustus 1952

Ek laat julle woorde van liefde, van troos en van goeie raad toekom en Ek

gee julle altyd opheldering waar dit julle aan bepaalde kennis ontbreek,

julle moet net self die verbinding met My tot stand bring, aangesien Ek

anders nie tot julle kan spreek nie.

My woorde sal egter nie altyd hoorbaar vir julle klink nie, maar julle

gedagtes sal self merkbaar so vorm soos wat Ek tot julle wil spreek, as julle

maar aandag daaraan sal skenk en solank verlangend wag, totdat My

mededelinge julle dus bereik het. Want dit wil Ek julle sê; sodra julle slegs

aan My dink, met My praat in gebed of My aanroep om hulp, is My liefde

reeds by julle. Julle spreek nie verniet nie, maar Ek verneem al julle

gedagtes en antwoord julle ook.

Weinig mense wag egter die antwoord van My af, weinig mense is so diep

gelowig, dat hulle oortuig is van ‘n uiting van My kant af. En daarom kan Ek

My maar selde aan die mense openbaar, sodat hulle in hulle gevoel en

gedagtes My duidelike antwoord herken. Geen enkele woord gaan verlore

wat julle in diepe aandag tot My toeroep, geen enkele Woord laat Ek

onbeantwoord nie.

122

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!