03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Derhalwe spreek die Woord julle aan en die Woord is Jesus Self, want Ek

Self is die Woord. As die Woord dus vir julle weerklink, is Ek Self by julle,

julle hoor dan geen mens wat praat nie, maar julle hoor die Gees van

ewigheid Wie julle deur Sy Mag en Liefde in die lewe geroep het en Wie

deur die Woord steeds met julle verbonde is.

En aan hierdie Liefdegees van ewigheid moet julle wil behoort, want

daarom lok Ek julle voortdurend met My woord sodat julle na My kan

luister, My kan herken en julself onvoorwaardelik aan My oorgee. Ek het vir

julle, wie Ek vanuit My liefde geskape het, onbegrensde salighede berei wat

julle egter slegs sal kan verdra as julself in lig en krag wandel, waartoe My

woord julle kan vorm. Daarom sal Ek ook steeds en oral tot julle spreek

waar ‘n liefdevolle hart My toelaat, waar My Gees nie afgewys sal word as

Hy Hom wil openbaar nie. Want oral waar die mens My Liefde laat

binnekom, sal ook My Gees van ewigheid aanwesig wees, wat vir al My

skepsele geld vanaf die begin. Amen

Misvormde leer - Gebooie van die liefde

5982 22 Junie 1954

Julle word nou onderrig in die ware evangelie en julle leer daardeur insien,

hoe verskillend My suiwer evangelie is van dit wat nou as My Woord op

aarde verkondig word. Julle leer insien dat My Woord ‘n verandering

ondergaan het in sovere, dat dit anders uitgelê en daarom ook anders

gestalte aan gegee word. Dat dit wat alleen belangrik is te weinig geag

word, daarteen die onbelangrike benadruk word en daardeur nie baie

geestelike sukses behaal word nie.

Ek het die mense op aarde die enigste begaanbare weg getoon deurdat Ek

hulle onderrig en My leer Self gestalte gee, deurdat Ek die weg gegaan het

wat alle mense moet gaan om tot My te kom. Dit is die “weg van die

liefde”. Slegs die gaan van die weg verseker die mens die Hemelryk, d.w.s.

om opgeneem te word na sy liggaamlike dood in die ligsfeer waar die siel

gelukkig is in My nabyheid.

My leer is egter ontaard. Dit is alleen nog in die verborge te vinde in ‘n

stelsel van menslike toevoegings, verkeerde uitlegginge en die nakom van

onbelangrike gebooie wat nooit as te nimmer deur My aan die mense gegee

was nie. Wat egter ‘n groot gevaar is, dat die belangrikste gebod van die

liefde oor die hoof gesien word en sodoende onvervul bly.

Watter nut het dit vir julle mense as julle julself so kasty, as julle

pligsgetrou handelinge verrig of My met die mond bely, as julle die gebod

van die liefde nie as die eerste en vernaamste erken en daar gevolg aan

gee nie? Julle wil My vereer deur tallose seremonies, maar julle kan My tog

alleen maar eer as julle doen wat Ek van julle verlang. En Ek verlang van

julle liefde tot My en tot julle naaste. Solank julle by ernstige selfkritiek nog

‘n tekort aan liefde by julself ontdek, is julle nog nie op die goeie weg nie,

266

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!