03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die doop

6769 24 Februarie 1957

Julle het die doop van die Gees ontvang toe julle die lewende water van My

aanvaar het, toe julle julself by die bron van lewe verfris het en daardeur

krag vir julle siele ontvang het. Julle moet met geestelike water gedoop

word. Dan is julle ook lid van My kerk wat Ek op aarde gestig het. Julle kan

nie hierdie lidmaatskap deur suiwer formaliteite verwerf nie, dit is waarom

die doop wat julle uitvoer geen waarborg is dat ‘n persoon homself in ‘n

ware Christen sal vorm nie, in die gunstigste geval kan dit slegs as bewys

van goeiewil beskou word om ‘n persoon na My te lei. Maar die terugkeer

na My moet deur die persoon self begin en uitgevoer word. En so ook

onderdompel hy homself in die fontein van lewende water wanneer My

Gees die bron vir hom toeganklik gemaak het. Dan het hy die doop ontvang

omdat hy bewustelik by My kerk aangesluit het, dan is hy wedergebore in

die Gees.

Die doel van julle aardse lewe is julle terugkeer na My en die handeling van

terugkeer moet tenvolle bewus plaatsvind, dit kan nooit deur ‘n formaliteit

vervang word nie. Julle wil moet na My uit eie beweging draai, julle moet

soek na ‘n innige verhouding met My en hulp van Myself vra op julle weg

na bo. dus kan dit alles sekerlik aan ‘n kind geleer word, hy kan

aangemoedig word om met My in gebed te kommunikeer. Maar slegs

wanneer die mens spontaan doen wat hy geleer word, slegs wanneer hy My

vrywillig kies sal hy begin om hom in die bron te onderdompel, om die doop

van die Gees te ontvang. Want dan kan My lewende water na hom stroom,

dan kan hy My Woord hoor en krag trek uit dit. Slegs dan kan hy My in

Gees en in waarheid aanbid, maar dan sal hy ook deur My Gees ingelig

word en sal terselfdertyd ‘n nuwe lewe begin.

Dus word die handeling van doop uitgevoer die oomblik wat dit vir My

moontlik is om ‘n persoon direk te affekteer wanneer hy homself aan My

gee. Dan behoort hy aan My selfs as sy weg nog met stryd en met allerlei

verleidinge belaai is, maar Ek het nou ‘n reg op hom en Ek sal My

teenstander nie toeslaat om hom weer te neem nie. Hy word beskerm teen

dit deur die doop van die Gees wat reeds sy lewende verbintenis met My

gevestig het, aangesien die lewende verbintenis met My deur ‘n gebed in

Gees en in waarheid sy bereidheid wys om hom in die bron te onderdompel

om deur My suiwerende en hellende lewende water omhels te word.

Tot hierdie innerlike handeling van doop plaasgevind het, kan die uiterlike

daad van doop nie die geestelike doop van ‘n persoon veroorsaak nie, dit

sal altyd ‘n formaliteit bly en kan nie enige voordeel vir die siel bring nie.

Daarom is die doop wat op volwasse mense uitgevoer word ook ‘n suiwer

formaliteit en verseker nog nie die geestelike doop nie, terwyl die innerlike

lewende verbintenis met My en die uitgiet van My Gees selfs sonder enige

eksterne formaliteit kan gebeur.

520

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!