03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

duistere gedagtestrome toekeer, maar nooit sal gedagtes, ongeag van

welke rigting, vassit in die denkorgaan teen die wil van die mens nie. En dit

is sy taak om te kies, met welke gedagtes hy hom wil besig hou.

Onder denkvermoë is derhalwe te verstaan, die in staat wees om met die

strominge wat as gedagtes die mens aanraak besig te hou, hul sin te

verstaan, dit logies te rangskik, gevolglik die toestromende gedagtes hom

tot nut te maak. Maar Daartoe is egter ten eerste die wil nodig, want die

mens is nie gedwing om hom vir die toestromende gedagtegolwe oop te

stel nie. Hy kan dus by ‘n sekere luiheid van dink ook die gedagtes afwys,

soos hy andersyds ook gedagtes kan opneem wat hom van benede bereik,

dus sleg en waardeloos van inhoud is. Altyd is dit sy wil wat die rigting van

die gedagtes bepaal, maar ook die uitgangspunt en hul oorsprong. Maar

alleen gedagtegolwe uit die ligwêreld sal, as die wil van die mens gewillig is

om dit aan te neem, gelykertyd ‘n uitwerking van krag hê, deurdat die

denkvermoë skerper en helderder word.

Wie hom dus denkende met geestelike vrae besig hou, die neem as te ware

van wesens uit die ligryk hierdie antwoorde aan. En sulke gedagtegolwe

wek in sy siel ‘n verlange op om opheldering te ontvang. Die verlange word

deur die denkorgaan opgeneem en van die oomblik af word die verstand

van die mens daarvan bewus. Nou het die mens die kontak tot stand

gebring met die wese wat hom die uitstraling toestuur wat in opdrag van

God, of, as die mens nog nie van goeie wil is, ook in opdrag van Sy

teenstander sy werk verrig, om lig of duisternis te versprei.

Elke gedagte is ‘n uiting van ‘n in die diens van God of Sy teenstander

staand wese, egter nooit ‘n eie voortbrengsel van die mens nie. Want selfs

in die staat van volmaaktheid, eens in die geesteryk, straal die wese altyd

alleen uit wat dit uit die Bron, van God Self ontrek as Liefdeskrag, wat

hoogste Wysheid insluit. En uit die verskeidenheid van die denke van die

mense vloei voort dat daar ‘n eindelose hoeveelheid verskillende grade van

kennis is wat die wesens onderskei. Wat egter toegang tot die mens het,

omdat die se wil homself kan versorg teen verkeerde of gebrekkige

opvattinge en omdat God ook Sy teenstander dieselfde reg toestaan, om op

die mens in te werk vanweë die vrye wilsbeslissing, wat die sin en die doel

van die aardse lewe is.

Die denkvermoë kan egter ook die verskillende gedagtes teen mekaar

opweeg. Die mens kan aflei en sy wil kan deur hierdie gevolgtrekking ook

die eers ingeslane rigting verander. En sy verstand sal hom verweer teen

die onware idees, sodra hy van goeie wil is. En die inspanning van al die

ligwesens wat in die volle waarheid staan, sal nooit ophou om die mense

strome van regte gedagtes toe te stuur, wat aan hul sorg toevertrou is nie.

Want dit is hul missie om lig en waarheid te versprei en die duisternis te

verdryf en hierdie missie kom hulle ook nougeset na.

En ‘n hart wat oopmaak, ‘n mens wat die waarheid begeer, sal ‘n rykdom

aan gedagtes kan ontvang wat in hom weerklank vind. Die uitstralings uit

368

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!