03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

aanrig onder die mense en daarom ‘n hindernis beteken vir die geestelike

ontwikkeling in vrye wil. Ook kan die mens so nou en dan aan kosmiese

invloede blootgestel word, maar nimmer word hulle daardeur tot ‘n

beslissing gedwing wat bepalend is vir die geestelike ontwikkeling nie.

Maar die verlange om dit wat verborge is, te onthul, kan nie deur die mens

bevredig word nie, want wat God verborge hou, sal die mens nie kan

blootlê nie, tensy God dit vir hulle laat weet om hulle te help om opwaarts

te gaan, as Hy self toekomstige dinge bekendmaak om die mense teen die

gevaar van ‘n val in die diepte te behoed. Amen

Die gevolge van liefdeloosheid in die hiernamaals

5322 23 Februarie 1952

Die liefdeloosheid het verstrekende gevolge op aarde sowel as in die

hiernamaals, want dit omring die siel met die digste bedekking sodat geen

ligstraal by hom kan binnendring nie en hulle ewig in die donker bly. Lig is

orals, maar waar dit die menslike siel nie kan binnendring nie daar is

duisternis. Die liefde straal lig uit en verlig so die siel van binne. Die

omhulsel los op en die lig kan dan van buite af inwerk en die siel insig gee.

Op die aarde beteken insig hê, die ken van die ewige waarheid, van die

betekenis en die doel van die aardse lewe en die besef van die voortdurend

toenemende liefde tot God. In die ryk hierna egter is die lig alleen aan die

siel verseker wat deur die liefde op aarde tot insig gekom het. Die

duisternis het vir goed verdwyn en vir die siel is alles duidelik. Vir hom is

daar niks onsekers meer nie, niks is onbegryplik en niks onmoontlik nie,

want hy self het vol van lig en krag geword deur die liefde.

Die liefdeloosheid is daarom die ewige ondergang vir die siel, want ‘n siel

wat nog in die diepste duisternis smag is onsalig. Hy het die duisternis ten

prooi geval omdat hy self heeltemal sonder liefde is en hierdie toestand ook

vir die siele wil berei wat hulle deur hom laat beïnvloed het. Wie alleen vol

eieliefde is en teenoor die mense alleen liefdeloos handel omdat Satan hulle

daartoe verlei, want hy wil sy eie gevoelens op die mense oordra sodat

hulle hom onderdanig word.

Die liefdeloosheid is die dood van die siel. Dit vergiftig die denke van die

mense, sodat die resultate van die denke leuens en boosaardigheid is,

waaruit dade van haat voortkom, waaruit weer die kwade sal voortkom. Dit

kan ook nie anders nie, want waar liefde heers daar is God en waar

liefdeloosheid en haat te voorskyn kom daar is Satan. En hy voer so'n

heerskappy dat hy waarlik te veroordeel is as die grootste vyand van die

siele, wat die mense nie alleen op die aarde najaag en hulle vir hom

probeer wen nie, maar met hewiger boosaardigheid in die hiernamaals

werk en ook daar probeer om op die siele in te werk. Hy probeer hulle tot

steeds groter hardvogtigheid aan spoor om hulle steeds dieper na benede

in die afgrond te trek. En omdat liefdeloosheid so'n afskrikwekkende

91

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!