03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

heil van die siel van hul beskermlinge lê hulle daarom buitengewoon na aan

die hart, Ook ken hulle die seën van lyding vir alle mense en daarom is die

lyding dikwels nie te ontgaan nie, ofskoon die ligwesens vervul is met liefde

vir die mense.

Maar om ‘n siel gered te hê, maak elke ligwese gelukkig want hulle is

immers op hoogte van die eindelose durende toestand van kwelling van die

geestelike wat opnuut in die materie gekluister word. Teenoor hierdie

toestand van kwelling is ook die grootste leed op aarde gering te noem en

om die rede pas die helpers dit toe, deurdat hulle aardse geluk versteur en

dikwels so smartlik ingryp in die lewe van ‘n mens dat ‘n liefdevolle motief

nouliks nog te herken is, maar dit is alleen liefde vir en sorg om die siel van

die mens wat hom in die grootste gevaar bevind. Want solank hy nog op

aarde vertoef, word hy ook nie deur sy geestelike vriende en leiers opgegee

nie.

En omdat die tyd steeds korter word wat julle, mense nog oorbly tot die

einde, word ook die smartlike ingrype van die ligwesens steeds

veelvuldiger, want hulle handel in opdrag van God, hulle is vir Hom tog

medewerkers wat in Sy Wil werksaam is. Die mense versamel steeds meer

aardse goedere, hulle is die wêreld en sy vreugde steeds meer toegedaan

en daarom moet vir hulle dikwels aardse geluk in die grond geboor word,

hulle moet die aftakeling van aardse goedere meemaak, hulle moet die

banaliteit van die vreugde van die wêreld leer insien.

En dit alles is slegs moontlik wanneer dinge nie volgens hul wense verloop

nie, wanneer hulle deur slae van die noodlot van allerlei aard verhinder

word om die ongeremde genieting van dit wat hulle nastreef. Dan is dit

moontlik dat hulle hul gedagtes ‘n andere rigting gee en dan sou die aardse

verlies ‘n buitengewone geestelike wins wees. Dan het die ligwesens die

sege behaal en die siele gehelp om te lewe, waarvoor die siele hulle ewig

sal dank. Dit is vir alle ligwesens duidelik in wat vir ‘n duisternis die mense

op aarde voortgaan en hulle weet ook dat die wêreld daar skuld aan het.

Daarom is hul inspanning gerig om steeds die gedagtes van die mense van

die wêreld af te wend en hulle probeer dit te bereik deur middele wat hard

en liefdeloos bleik maar steeds gebaseer is op die liefde, omdat hulle een is

met God en daarom ook vervul is met liefde vir alle nog ongelukkiges op

aarde.

Dit is nog maar ‘n kort tyd voor die einde, maar hierdie kort tyd sal ook

baie swaar wees, omdat alle siele aangeraak moet word wat nie vrywillig

van die wêreld afstand doen en hom na God keer nie. En so moet elke

moeilike belewenis, elke harde slag van die noodlot gesien en erken word

as reddingsmiddel wat met Goddelike toestemming nog by die mense

gebruik moet word wat in gevaar is om in die afgrond te sink. Want elke

siel het in die hiernamaals sy helper en beskermer, wat egter steeds sy wil

in ag moet neem, omdat daar anders waarlik geen mens verlore sal gaan

nie, maar nog voor die einde die terugweg na God sou vind. Amen

506

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!