03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die regte naasteliefde

6121 27 November 1954

Om ‘n offer te bring ten gunste van julle medemens is regte naasteliefde,

dan het julle, julle naaste meer lief as julself. En gee julle hom dieselfde

wat vir julself begerenswaardig is, dan het julle hom lief soos julself. Ek

verlang alleen hierdie naasteliefde; maar ook moet dit vrywillig beoefen

word en dan sal dit julle geestelike seën oplewer.

As julle tot offer bereid is, as julle vrywillig afstand doen om aan julle

naaste te kan gee, dan is hierdie naasteliefde nog heel wat waardevoller en

dus ook dan vir julle siele aansienlik groter. Die mens is ‘n sekere mate van

eieliefde toegestaan, want dit is nodig vir die vervulling van die aardse

opdrag, dat die mens sy liggaamlike lewe in stand hou, dat hy homself gee

wat die liggaam nodig het om die aardse lewe te kan volbring. Alleen mag

hierdie eieliefde die maat nie oorskry sodat hy nie aan sy naaste dink nie,

dat hy alles alleen maar vir homself bestem, dus sy liefde verkeerd rig.

Daarom voeg Ek die woorde daaraan toe: “soos julself". Die mens kan nou

self die maatstaf maak vir sy dink en handel. Hy moet My Wil vervul en aan

sy naaste op dieselfde wys dink as wat hy bedag is op sy eie welsyn. En na

gelang die bereidheid van die hart om liefde te skenk, sal die mens nou

makliker of moeiliker My gebod vervul.

Wie homself egter by sy naaste agterstel, die se hart is bomate bereid om

liefde te skenk en hy sal heel maklik tot voltooiing kom. Maar by alles word

julle die vrye keuse gelaat. Ek gee julle wel die gebod van die liefde, maar

wie dit nie vervul nie ag die gebod nie. En wie die liefde in hom het, het My

gebod nie nodig nie. En dit is die regte liefde wat vanuit homself werksaam

word sonder om deur gebooie daaraan gehou te word.

Die mens wat oplettend gemaak word op My gebod van die liefde kan ook

sonder innerlike drang werke van liefde verrig, in die begin egter slegs

aangespoor deur die gebod, tot die liefdevonk in hom meer en meer

ontvlam en dit die mens nou self gelukkig maak as hy teenoor die naaste in

liefde handel. Maar dit het eers waarde as die liefde die beweegrede

daarvan is.

Het julle naaste lief soos julself. Eieliefde besit alle mense en dit is ook reg.

Maar dit mag die liefde tot die medemens nie oortref nie, wat egter die

geval is as die mens by die nood van sy medemens verby gaan en glo om

niks te kan gee omdat hy self nie baie besit nie. Hy moet ook die weinige

met hom deel en hy sal geen skade daardeur ondervind nie, want as hy dit

uit liefde doen sal dit hom ryklik beloon word. Want Ek Self gee hom weer

in dieselfde maat waarmee hy gemeet het, ‘n liefhebbende mens bedink dit

egter nie eers nie maar gee ook al kos dit hom en sy loon sal waarlik groot

wees in die hemel, want hy word steeds ryker, hoe meer hy die mense

304

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!