03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Liefde tot die wêreld

5825 13 Desember 1953

Wie die wêreld tol betaal, het die Hemelryk verspeel, omdat die mens beide

nie tegelyk kan wen nie. Wie die wêreld aanhang, die span hom ook nie

daarvoor in om die hemelryk te verwerf nie, want vir hom is daar alleen die

aardse wêreld met sy bekoringe en aan ‘n ryk daarbuite glo hy nie. En tog

moet die weg na die hemelryk deur hierdie aardse wêreld heen gegaan

word, dit kan nie uitgeskakel word nie, want die mens leef in hierdie

wêreld, hy moet die laaste stadium van sy ontwikkeling op die aarde aflê,

temidde van die ryk wat aan die teenstander van God behoort.

Maar hy kan die ryk oorwin. Hy kan deur die aardse wêreld heengaan

sonder om hom buitengewoon deur dit te laat imponeer, sonder om dit met

sy sinne te begeer. Hy kan dit bewus ervaar en tog bo dit staan. En dit is

julle doel, om die wêreld te oorwin, want dit is julle tot doel ter beskikking

gestel dat julle siele daarin kan volwasse word, dat julle julself in vryheid

van wil losmaak van alles wat aan die wêreld behoort, omdat die loslaat

ook tegelykertyd ‘n losmaak is van hom wie die heer van hierdie wêreld is

en julle wend na die geesteryk en sy Heer.

En so is dit vanselfsprekend dat, wie hom tot slaaf van die wêreld maak,

nooit die geesteryk in besit kan neem nie, nog in die aardse lewe, nog na

die dood van die liggaam. Dit is begryplik dat die heer van die wêreld die

mense gekluister hou, omdat die mens self hom daartoe die reg gee, want

die losmaak van die materiële wêreld en hom bevry uit sy mag moet die

mens self volbring. Hy moet stryd voer teen homself, hy moet afstand kan

doen om iets waardevols te wen. Hy moet in die kort tyd van sy aardse

bestaan alle versoekinge weerstaan, om dan die geesteryk met al sy

heerlikhede in besit te kan neem, wat hom duisendvoudig vir sy afstand

doen van die aardse skadeloos stel. Hy sal dit egter alleen kan doen as hy

die waardeloosheid en onbestendigheid van die aardse insien, wat hom op

aarde begerenswaardig lyk.

Alleen die insig gee hom krag om sy wil reg te rig en die insig kan hy

ontvang as hy nadink oor die materiële wêreld, want hy kan nie tot ‘n

verandering van wil gedwing word nie, hy kan alleen maar deur teëspoed

tot innerlike beskouing aangespoor word, maar met welke resultaat, dit

bepaal hy self.

God kan hom alleen in soverre help dat Hy hom die verganklikheid altyd

weer laat sien, dat Hy dit wat die mens op aarde liefhet aan verval prysgee.

Dat Hy ingryp op ‘n smartlike wyse wat op die mens indruk maak. Dat Hy

dit van hom wegneem waaraan sy hart hang, altyd alleen om hom ‘n

aanwysing te gee hoe waardeloos die doel is van al sy strewe. Maar

diegene wat uit sulke teëspoed leer kan hulle gelukkig ag, want hulle

verander langsaam die rigting van hul wil en gee die wêreld op, om

eenmaal die geesteryk in besit te neem. Maar niemand moet glo om

224

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!