03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoe blind is die mense wat besittings versamel, wat hul verheug in hul

aardse besit en geen ander daaraan laat deelneem nie en hoe armsalig sal

hul lot wees na hul liggaamlike dood. Julle mense weet almal, dat julle lewe

op die aarde begrens is en tog gee julle lewe geen blyke van

voorsorgsmaatreëls vir julle eintlike lewe in die Ryk, wat waarlik bestaan,

maar wat baie verskillend kan wees in sy gesteldheid, omdat dit van julself

afhang, hoe julle dit vir julle vormgee. Julle sal daar ‘n baie liefdevolle

ontvangs ondervind, as julle op aarde liefde bewys het aan julle

medemens. Julle sal ontvang wat julself gegee het en julle sal waarlik geen

verlies hoef te ly nie, maar elke gawe, wat julle met ‘n liefdevolle hart

uitdeel, sal julle duisendvoudig gewin oplewer.

Beskou julself slegs as gaste op die aarde en alles wat julle besit, as

geleende goed, waarmee julle egter vry mag doen wat julle wil. Beheer dus

die goedere in die Gees van Hom, Wie julle dit gegee het; werk daarmee in

liefde en julle sal ‘n seën ervaar wat julle nie kan meet, solank julle op

aarde lewe nie. Julle keer dan ryk belaai terug in julle ware vaderland en so

gevorm, as wat julle dit eertyds verlaat het. Amen

Die uitwerking van dwaalleer in die hiernamaals

6462 27 Januarie 1956

Daar het baie valse opvatinge die mensdom binnengedring waaraan die wil

van die mense egter self skuldig is, anders sou die kragte van die duisternis

hul verwoestende arbeid nie kon uitoefen nie. Selfs die geringste nadenke

sou die mense laat insien dat hulle nie die waarheid aangebied word nie,

dog daaraan ontbreek dit hulle en hulle neem alles sonder nadenke aan. En

nou het hierdie dwaalleer so vas gewortel in die menslike denke dat dit

moeilik is om uit te roei. Die gevaar bestaan egter dat steeds meer

dwaalleer uit hierdie valse opvatinge ontstaan.

Daar kan geen geestelike vooruitgang behaal word, nog op aarde nog in die

ryk hierna, solank sulke dwaalleer nie reggestel en onskadelik gemaak

word nie, wat alleen deur die uitstuur van die suiwer waarheid kan geskied.

Maar dit is moeilik om ‘n bestaande leer reg te stel, want die insig wat daar

voor nodig is, vereis ‘n duidelik beeld van die Goddelike liefde en

verlossingsplan, wat dan die sinneloosheid van die valse leer bewys sodat

elke dwaling duidelik te sien is, as die mens ernstig is om die waarheid te

ken.

Gaan ‘n siel nou vervul van dwaling die geesteryk in, dan leef hulle daar in

die verkeerde gedagtegang verder en kan nie geestelike vooruitgang

behaal nie. Hulle neem die waarheid ook moeilik aan. Nog baie moeiliker is

dit om iemand wat meen dat hy alle kennis besit, tot die waarheid te bring,

as ‘n heeltemal onwetende, wat hom eerder laat leer en gewilliger is om die

waarheid te aanvaar. Die eersgenoemde sal eers tot nadenke kom as hulle

onbevrediging ervaar en gedurig in ‘n duistere toestand leef, of as hulle nie

385

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!