03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

4) Weer 'n miljoen van hierdie sonneheelalle, sirkel om hul sentraalson en

maak nou ‘n sonne-superheelal uit.

5) ‘n Ontelbare menigte sonnesuperheelalle swerf in groot bane om die

oersentraalson, die "oereerste van alle sonne en wêrelde" in ons heelal.

Dikwels onmeetlike snelhede en reusagtige aantrekkingskragte hou al die

stelsels telkens in ewewig en al hierdie stelsels en hulle sentraalsonne vorm

saam die ‘heelalsfeer’, ‘n onmeetlike bol met ‘n eie ordening en lewe. Vir

ons is hierdie onmeetlike groot heelalsfeer, soos wat die Meester sê:

"Eintlik maar net ‘n enkele punt in My groot skeppingsruimte", waarin die

baie miljarde heelalsfere, weer op oneindige groot afstande van mekaar,

saam die wêreldmens vorm, waarvan elke wese apart en tog ook weer

almal saam op weg (moet) wees na die Vader, aangesien die

verlossingswerk van Jesus Christus geld vir alle tye en ruimte.

Dit is God se Woord, wat hierdie hele skepping laat ontstaan het om ons

val in die diepte op te vang, wat ons ook weer tuis bring, in die Lig van God

se Gees.

En as julle dan lees dat hierdie wêreldmens minder as niks is in vergelyking

met die hemelmens, wat ook weer ‘n deel is van die volgende hemel

ensovoorts, dan verdwyn die idee van die oneindigheid totaal deur sy

volkome onvoorstelbaarheid. Dan stel julle julself in die Hand van God en

weet julle telkens dat slegs die "nou" belangrik is en dankbaar dat dit julle

plek is in die oneindigheid. G.F.K.

Geloofstryd – Antichris - Bely voor die wêreld

5622 11 Maart 1953

‘n Sterk beproewing sal aan Julle opgelê word in die laaste tyd voor die

einde en wat julle nie as moontlik beskou nie, sal gebeur. Want alle geloof

word bestry en as gevolg daarvan sal die mense hulle geloof onder mekaar

verloën, sodat niemand meer sy gesindheid laat sien nie en elkeen die

vyand sal wees van die ander. Maar hier vra Ek van julle, as My

aanhangers op aarde, ‘n openlike belydenis, want die tyd het dan gekom

waarvan geskrywe staan: "Wie My sal bely voor die wêreld, die sal Ek bely

voor My Vader". Want so ‘n belydenis kan nog vir baie ‘n bemoediging

wees, sodat hulle hulself nie sal verberg en ook geen aardse vyande sal

vrees nie.

Dit sal ‘n swaar tyd wees en tog hoef julle dit nie te vrees nie, solank julle

julself in gedagte met My verbind, want Ek is Self by julle en lei julle

skrede, julle woorde en gedagtes. Vrees hom nie, wat wel julle liggaam,

maar nie julle siele kan dood nie. Sodra dit oor julle geloof gaan, weet julle

ook dat die tyd gekom het wat Ek verkondig het en dat die laaste einde nie

meer veraf is nie.

Die voorafgaande geloofstryd is die laaste fase op die aarde en so seker as

wat dit sal ontbrand, so seker sal ook die einde kom waarna julle, My

166

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!