03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

kan tot groot krag vir hulle wees. En as die oomblik van herkenning

aanbreek, dan is die siele oneindig dankbaar en gelukkig.

Dan eers herken hulle die sorg wat na hulle uitgegaan het en hulle neem

nou op dieselfde manier die sorg op vir die siele wat nog in die duister

smag. Dit help hulle ook weer om opwaarts te gaan, want elke siel verlang

na hulle met wie hulle eens innig verbind was op aarde.

Daar is ‘n weersiens, maar die tydstip wanneer dit moontlik is, bepaal

julleself. As julle op aarde die nodige kennis bereik het, dan sal julle ook

alles doen om ’n hoër graad van volwassenheid op aarde te bereik wat

toegang tot die ligsfeer moontlik maak. Julle sal dan ontvang word deur

hulle van wie julle hou en hulle sal julle herken, of dat julle sonder om deur

hulle herken te word, met hulle in verbinding kan kom, om dan met hulle te

begin met julle verlossingsarbeid.

Sorg in elke geval daarvoor dat julle nie heeltemal sonder insig van die

aarde af heengaan nie. Sorg daarvoor dat julle reeds die weg tot God in

Jesus Christus gevind het, dat julle verlos deur Hom kan ingaan in die

geesteryk. Dan sal die ingaan julle reeds alle salighede skenk, wat bestaan

uit die verlange na weersiens. Soms sal julle egter lank moet wag, as

julleself die volwassenheid nie op aarde bereik het nie. Want alles kan slegs

volgens wetlike orde plaasvind en die vryheid van julle wil moet ook in die

geesteryk geëerbiedig word, omdat julle eens salig sal word. Amen

Verskynsel in die kosmos

6313 16 Julie 1955

Baie spoedig sal julle julself kan vergewis dat daar iets in die kosmos aan

die voorberei is, want ongewone verskynsels, waarvan julle vir julself geen

voorstelling kan maak nie, sal julle verontrus. Baie gissings sal opduik en

baie menings op teenoorgestelde menings sal ontstaan. Maar slegs die

mening van hom wat ‘n verbinding vermoed tussen wat aangekondig is in

woord en geskrif en deur profete en sieners te alle tye aan die mense

verkondig is, sal volgens die waarheid wees.

Wie alles met geestelike oë sal beskou, sal ook al die verskynsels vir

homself kan verklaar. Want alles het ‘n geestelike betekenis en moet dus

ook ‘n geestelike doel vervul, naamlik om die mense opmerksaam te maak

op hulle eintlike lewensdoel, sodat hulle hulself kan voorberei op die

komende oordeel. En ook die wetenskap sal hiertoe bydra, want hulle sal

die veranderinge in die natuur eers konstateer en die verskynings en

ongewone voorvalle in die kosmos sal hulself agterdogtig maak. En dit sal

belangrike verskynsels wees waarvoor die verklaring hulle egter sal

ontbreek. Hulle sal dit weliswaar sien gebeur en ontsteld staan, maar nie

bereid wees om enige korrekte verklaring te aanvaar nie, naamlik dit, dat

die aarde geskud sal word op sy fondamente, want hierdie verskynsels dien

daartoe.

344

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!