03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Julle kan, as julle wil, julle tot gode vorm, tot wesens wat aan My gelyk is,

wat in totale versmelting met My vol van mag en krag is en wat tog as

individue dink, wil en handel in geluksaligheid. Julle kan dit doen, maar of

julle dit wil doen, moet julself bepaal. Julle wil, denke en handel in ‘n staat

van volmaaktheid staan julle geheel vry en julle kan dit dus na enige rigting

heen ontvou. Dat julle totaal vry is, kan julle weliswaar onbegrensde

vreugde gee wat vir ‘n gebonde wil nooit bereikbaar kan wees nie, maar

peilloos diep val of julle onmeetlik hoog verhef, lê beide by julle dig by

mekaar. Steeds egter word julle ‘n steun ter beskikking gestel waaraan

julle kan vashou of waardeur julle, julle weg na bo ligter kan maak.

Ek Self is steeds bereid om julle vas te hou wanneer gevaar dreig om julle

omlaag te laat stort en Ek is ook steeds bereid om julle na bo te trek

wanneer julle My hulp afsmeek. Julle is nooit weerloos aan ‘n gevaar

oorgelewer nie, julle is nooit so swak dat julle nie bystand kan afbid nie,

maar ook daartoe moet julle wil weer bereid wees en moet julle in My glo

as julle My hulp wil vra. En die geloof in My is al die eerste verandering van

julle wil en daarom beteken dit sekerlik hulp vir julle.

En die geloof wil Ek tot lewe wek in die wesens wat as mense beliggaam

het en hulle wil nie goed gebruik nie, wat onafgebroke hul weg na benede

soek en in die grootste gevaar verkeer om neer te stort in die diepte. ‘n

Vonkie geloof in My Mag kan hulle val teehou en daarom probeer Ek Self

My aan die mense bekend te maak sodat hulle geloof in My kan kry.

Die lewe van elkeen afsonderlik laat soveel bewyse van 'n ingryping van My

Mag en Liefde sien, dat ook elkeen vir hom die geloof maklik sou kan

verkry as hulle maar op die klein bewyse ag slaan. Dog die denke van die

mens gaan ‘n verkeerde weg, omdat hulle sonder liefde leef, want hulle kan

dan eers glo as hulle reg dink en hulle kan eers reg dink as hul hart bereid

is om liefde te gee.

Wel is elke mens tot liefde in staat, alleen maar dat hy self die doel van sy

liefde is en die eieliefde eers verander moet word in liefde tot die naaste,

voor die woord ‘liefde’ hier op sy plek is en die geloof tot gevolg het. Die

mens leef voortdurend in ‘n omgewing waarin hy die naasteliefde kan

beoefen, maar hy word nie daartoe gedwing nie. Dit hang heeltemal daar

van af of hy die liefde in hom ontsteek en tot ‘n helder vlam laat word, alles

hang daar van af: die insig, die geloof, die ware gebruik van sy wil en die

ewige geluksaligheid. Maar tot liefde kan hy nie gedwing word nie, alleen

maar deurlopend vermaan en aangespoor. Die liefde moet hy self in hom

ontsteek en daardeur die verandering van sy wese voltrek, wat die

bedoeling en doel van sy aardse bestaan is, net soos die vervulling van My

heilsplan van ewigheid, wat ‘n vergoddeliking van diegene ten doel het wat

as skeppingswerk uit My Hand voortgekom het, maar die hoogste

geluksaligheid moet bereik, wat Ek hom nie kan gee nie, inteendeel deur

elke wese self verkry moet word. Amen

74

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!