03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ook nie My planne nie, maar julle sal tenvolle op My moet vertrou dat Ek

My redes vir alles het wat gebeur en dit alles op liefde gebaseer is, selfs as

dit vir julle onbegryplik lyk. En sodra julle julself tenvolle aan My oorgee in

volle vertroue op My liefde en My mag, dus tenvolle met My wil in pas, julle

neer buig en julle las nederig dra as Ek dit op julle geplaas het, dan sal julle

vertroue in My waarlik die moeite werd wees en julle sal dikwels

wonderbaarlik ondervind hoe My liefde en mag julle beïnvloed.

Wat geen mens kan bereik nie is altyd moontlik vir My as julle God en

Vader, daarom is daar niks wat vir My onmoontlik is om te verwesenlik nie.

Daar is niks wat julle wanhopig kan laat word nie. Julle moet slegs My julle

volle vertroue en onderdanigheid gee, dan motiveer julle My liefde en My

mag om effektief op julle te wees. En julle moet altyd onthou dat elke dag

‘n guns vir julle is, aangesien julle die volwassenheid van julle siele kan

verhoog as julle daagliks aan die verbetering van julle siele werk en ook

julle medemens inlig wat deur lyding getref word. Lyding is bedoel om te

bereik wat die persoon se eie wil nog nie bereik het nie; lyding is bedoel om

tot God te lei, na My, want Ek kan alle lyding ophef met My mag. Die

mense moet nie kla as hulle deur teëspoed en lyding beïnvloed word nie,

maar in My hulle toevlug soek, wat waarlik kan en wil help as die mense in

My glo. Julle sou alle aardse en geestelike teëspoed aan My moet

toevertrou en waarlik Ek sal almal merkbaar help wat na My met volle

vertroue in innige gebed kom. Amen

Wag julle vir die teenstander? – Die stryd teen hom

6706 5 Desember 1956

Ongewoon hewig laat die optrede van My teenstander homself voel, want

hy saai tweedrag waar hy maar kan. Daardeur dryf hy die mense geestelik

en aards in die noute, hy verlei hulle om liefdeloos te handel, hy veroorsaak

vyandskap waaruit iets goeds nooit kan voortkom nie en glimlaggend, vol

hoon, kyk hy toe, hoe die mense wat deur hom aangehits is, mekaar

bestry, hoe hulle probeer om mekaar skade toe te bring en daardeur

heeltemal in sy mag kom.

Julle mense sal oplettend moet wees en elke kwaai woord, elke slegte daad

leer beskou as sy werk en julle sal julle daarteen moet verweer. Want hoe

meer julle hom toegee, des te vaster sluit julself die boeie wat hy vir julle

aansit.

Waar Ek kan werk, word vrede en eendrag wedersyds begryp asook die

skenk van vergifnis, omdat die liefde daar is, wat My werksaamheid

moontlik maak.

En net so maklik is die gebied te herken waar My teenstander homself

ophou, want in sy domein heers liefdeloosheid, haat en vyandskap, verraad

en onvrede. En die gebied moet julle vermy, wanneer julself nie soveel

krag besit dat julle die teenstander tegemoet sal kan tree nie, sodat julle

493

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!