03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

aardse as dit daarom gaan om My Woord uit die hoogte te ontvang en te

versprei. Elke materiële gedagte in verband daarmee bring hierdie arbeid in

gevaar. Die volste vertroue op My hulp bevorder egter hierdie arbeid en

verseker julle tewens ‘n sorgvrye aardse bestaan, omdat Ek dit self vir julle

kan bied as julle volkome vertrou. Julle moet weet dat julle volle wil ‘n

buitengewone magtige faktor is, wat alle hindernisse uit die weg ruim. Julle

moet weet dat julle geestelike arbeid iets teweeg kan bring, waar teen

oorgrote materiële skatte nie kan opweeg nie.

Daarom mag angstige gedagtes om aardse voorsiening hierdie liefdevolle

wil nie verswak nie, waar in geestelike opsig mateloos baie van afhang.

Wat is dan wel die kort aardse lewe teenoor die ontsettende kwellinge van

wesens, wat julle kan beëindig? Opgewonde en met vreugde sou julle offer,

as julle wesens in hulle toestand en hulle smekende gebare hulp sou kan

aanbied. Die armsalige lewe wat julle lei sou julle onberoerd laat en julle

sou steeds net wil dien en help. En julle kan hul deur liefde help. En Ek

berei vir julle ‘n vreugde wat julle waarlik beloon; want slegs die liefde is

die middel om te verlos. Die liefde tot My gee julle lig en krag en die liefde

tot die onverloste wêreld gee nog verder lig en krag en trek ook tallose

siele uit die diepte omhoog. Dit is bewustelike verlossingsarbeid wat julle

verrig en wat daarom nooit sonder sukses bly nie.

Hierdie sekerheid moet julle verbly en tot ‘n steeds yweriger arbeid

aanspoor. Julle moet julle van alle aardse sorge ontdoen en nooit op ‘n

aardse gewin deur julle geestelike arbeid hoop nie. Wat julle nodig het, gee

Ek julle. Dat Ek julle onbegrensde geestelike kennis stuur moet vir julle

egter ook die bewys wees dat julle dit nodig het, omdat julle daarmee weer

tot seën in die arbeid kan wees by die wat onverlos na die ryk hierna

heengegaan het. Gebruik wat julle besit en maak julle nie besorg oor dit

wat julle ontbreek nie; want alles wat julle vir liggaam en siel nodig het,

word vir julle deur My gestuur. Amen

Kerkgeboue

6402 15 November 1955

Dit strook nie met My wil dat daar vir My geboue opgerig word vol prag en

praal in ‘n tyd, waarin dit besonder nodig is dat die oë van die mense na

binne gerig word. Dat hulle nie na dinge gelei word wat nog tot die wêreld

behoort en wat nie geskik is om My ryk - met sy mag en heerlikheid -te kry

nie. Alles wat julle oog boei, alles wat die sin van die mens tref, hinder hom

met sy selfbeskouing, by die stille innerlike besinning, wat vir julle mense

so dringend nodig is omdat julle kort voor die einde staan.

Steeds weer moet Ek julle My Woorde in herinnering bring: "My Ryk is nie

van hierdie wêreld nie". Waarom glo julle dat julle My moet eer deur

pronkgeboue? Waarom rig julle alles op die buitenkant, waarom maak julle

371

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!