03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

steeds maar net in besit geneem kan word deur die wêreld prys te gee.

Laat die wêreld los as julle binne wil gaan in My ryk. Amen

Innerlike weerstand - Hindernisse om die waarheid

aan te neem

6170 20 Januarie 1955

Sonder weerstand moet My woord aangeneem word wanneer dit weerklink

in die hart van ‘n mens. Die geringste weerstand maak die mens nie by

magte om dit in sy suiwerheid te hoor nie, want weerstand beteken om

teenoorgesteld te dink, wat My teenstander die moontlikheid gee om binne

te sluip al is dit maar om afweer in die mens op te roep om die ontvang van

die waarheid te verhinder. Verder sal sy krag nie reik nie, omdat die

ontvanger van My woord hom bewus met My verbind en sy weerstand uit

verlange na die waarheid wegvloei en hy dan alleen weerstand daarteenoor

stel wanneer volgens hom die waarheid in gevaar is. Tog is hierdie

weerstand nie reg nie, omdat ‘n mens wat hom met My verbind om My

woord te ontvang, hom nou ook heeltemal aan My moet oorgee en seker

daarvan kan wees dat Ek hom beskerm teen onware geestelike leringe.

Daarom is daar maar weinig mense geskik om My woord te ontvang omdat

die meeste ‘n kennis het wat hulle nie graag bereid is om op te gee nie.

Daarom moet daar ‘n sterk geloof wees om alleen dit as waarheid te laat

geld, wat Ek Self na die aarde stuur deur die werksaamheid van My Gees.

Mense wat ‘n bepaalde kennis in hulle opgeneem het wat met die deur My

regstreeks gesproke woord nie in ooreenstemming is nie, is moeilik bereid

om dit aan te neem, omdat hulle dan hul hele denke moet verander, maar

‘n buitengewone sterk verlange na die waarheid is daarvoor nodig. Om

hierdie mense met My regstreekse woord te seën, sou daarom onmoontlik

wees, omdat in hulle steeds die weerstand sou ontwaak, sodra My woord

afwyk van hul kennis en denke tot nou toe en dan sou My teenstander weer

‘n maklik spel hê om die mense aan die twyfel te bring. En die mens moet

glo dat Ek Self tot hom spreek en daarom alle dwaling uitgesluit is.

Eers dan is dit moontlik om ‘n volledig misvormde leer weer te suiwer, eers

dan is dit moontlik om die teenstander onskadelik te maak. Maar hoe

dieper die dwaling al in ‘n mens gewortel is, des te moeiliker bevry hy hom

daarvan en daarom sal hy My woord nie regstreeks kan hoor nie, omdat

enige weerstand soiets onmoontlik maak.

Die stryd tussen lig en duisternis word juis daar besonder heftig gevoer

waar die lig baan wil breek. En alleen ‘n sterk wil wat op My gerig is,

verjaag die vyandige kragte wat van benede is. So'n wil egter sal Ek seën

en nooit meer toelaat dat hy verswak word deur vyandige kragte nie. Maar

ook sal Ek die mens steeds die insig gee wanneer hy aangeval word, sodat

hy hom sal bewapen en hom nog inniger met My verbind, om dan ook

beskerm te wees teen enige invloed wat van benede kom.

315

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!