03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Daar staan wel steeds wakers om julle, bereid om af te weer, tog sal julle

dit ook self moet weet, dat julle sonder hierdie beskerming wat in My

opdrag verleen word aan die elemente van blinde wraaksug oorgelewer sou

wees. En daarom sal julle steeds maar net met My in verbinding moet bly,

want dan is Ek ook by julle, omdat julle gedagtes My aantrek en dan is alle

kragte magteloos wat julle sleggesind is.

Die hel woed en sy kragte wen ook die mense vir sy planne, daarom sal

julle hulle geen aanleiding mag gee nie, wat maklik kan gebeur deur

ondeurdagte woorde wat deur julle in geregverdigde toorn gespreek word.

Wees steeds sagmoedig soos die duiwe, maar listig soos die slange. Wie vir

My ryk en die waarheid stry, sal aangeval word deur die vyande van die

waarheid en hulle staan in diens van My teenstander, wat hulle aansit tot

valse beskuldigings, sodat julle julself teen leuen en onwaarheid sal moet

verweer.

Maar dink dan aan My aanmaning, dink dat julle omring is deur My stryders

en wend julle dan tot hulle, dat hulle julle beskerm en rig julle gedagtes

ook op My, dat die lig van My liefde tussen julle en julle vyande sal inval en

hulle sal terug dryf. Oral sal My teenstander probeer om julle skade toe te

bring, omdat hy besef dat hy deur julle krag verloor, omdat hy julle arbeid

vir My en My ryk probeer teëgaan en omdat hy vir geen middel skrik om sy

doel te bereik, naamlik om My lig uit te doof nie. En die mense wat

afhanklik is van hom, hulle haat die waarheid net so erg, omdat hulself

beter voel in die duisternis. Om die rede verleen hulle hom bereidwillig

hulp, wanneer dit daaroor gaan om teen julle op te tree.

En daarom sal daar teen julle opgetree word van die kant van die mense af

en dan sal julle op julle hoede moet wees en niks ondeurdag onderneem

nie. Julle sal julle dan volledig gelowig slegs aan My beskerming moet

toevertrou, julle sal die verbintenis met die ligwêreld steeds net vaster

moet aanknoop, want dan neem hulle ook die wapens in My opdrag teen

die kragte van die onderwêreld op, wat hulle egter maar net kan, wanneer

julle julself nie van hulle losmaak nie en eiemagtig teen julle vyande te

velde wil trek nie, want julself is nie sterk genoeg nie en julle sal dit sonder

die bystand van My stryders, sonder My hulp, ter syde moet stel.

Maar julle sal niks hoef te vrees nie, solank julle julself met My verbind in

die gees en in gebed. En Ek waarsku julle maar net daaroor, sodat julle

oplettend sal wees en dadelik die gevaar herken, wanneer dit in aantog is.

Want die teenstander versin met ‘n sluwe lis, wat julle egter sal herken

wanneer julle aan My waarskuwing sal dink. Want steeds moet Ek rekening

hou met julle vrye wil, daarom kan Ek nie ingryp en julle deur My stryders

in beskerming laat neem, voordat julle My nie om hulp vra nie, of julle aan

alle goeie kragte toevertrou, sodat hulle julle mag beskerm. Dog teenoor

hulle geplaas, sal My teenstander moet wyk en elke aanval wat op julle

uitgevoer word, sal hulle afslaan, omdat julle vir My en My ryk werksaam

is. Amen

379

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!