03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die insig egter het slegs weinig mense op die aarde, want om dit te kan

begryp en te glo is in die eerste plek die wil nodig om dit alles te wil weet,

maar die verlange na insig is maar selde by die mense aanwesig.

Daarenteen is die menslike wil uitermate sterk daarop gerig om hom die

skepping soveel as wat moontlik is tot nut te maak, dat dit die liggaamlike

lewe tot voordeel strek. Weliswaar help die mense daardeur onbewus die

nog in die skepping gebonde geestelike omhoog, omdat dit nou kan dien al

is dit ook onder die wet van jy moet maar welke wins lewer dit hul siel op?

Teenswoordig word daar baie materie deur die menslike wil opgelos,

sielepartikeltjies word daardeur vry en hierdie word dan volgens Goddelike

Wil omvorm tot nuwe skeppings waaraan ‘n dienende funksie toegewys

word wat die geestelike onvermydelik opwaarts laat klim. Die mens bevry

dus iets geesteliks uit die materie, maar hy self kan daarby in sy

ontwikkeling bly staan of ook nog agteruit gaan, as hy nie tegelykertyd sy

medemens in vrye wil behulpsaam is nie. En omdat hy immers self nie

meer onderworpe is aan die, jy moet, wet, kan en moet hy sy positiewe

ontwikkeling self deur vrywillige werk van liefde bespoedig.

En sodra hy dit bewus doen om steeds met die wil sy medemens van diens

te wees, kan so ‘n aardse aktiwiteit ‘n onvermoede seën vir sy siel oplewer,

selfs as hy nie op hoogte is van die ontwikkelingsgang van die geestelike

nie, selfs wanneer hy niks weet van die sin en die doel van die aardse lewe

en van die skeppings van hierdie aarde nie. En hy hoef ook dit alles nie

persé te weet nie, as hy maar vrywillig diensbaar is in liefde. Maar meestal

word die mens deur liefde gedryf om besig te wees, wat egter nie

naasteliefde is nie, dit is slegs die liefde vir hulself. En kan sy aktiwiteit ook

‘n skadelike uitwerking op sy medemens hê, omdat die eieliefde des te

meer bevrediging vind, hoe kariger die medemens daardeur gehelp word.

Die eieliefde het egter ook ‘n ongunstige uitwerking op die skeppingswerke

wat die mens as arbeidsterrein toegewys is, deurdat dikwels vroegtydig die

ontwikkeling van die geestelike in sulke skeppingswerke afgebreek word en

dit terwille van eie voordeel, omdat die eieliefde indruis teen die Goddelike

orde en daarom ook die handelwyse van die mens heeltemal teen die

Goddelike ordening gerig is.

Selfs as sulke mense, by wie die eieliefde nog voorop staan, op hoogte is

van die sin en doel van die skepping en die aardse lewe, sou hulle tog hul

verkeerde manier van lewe en handel teen die Goddelike ordening nie

opgee nie, omdat die eieliefde hulle geheel beheers en hulle vir ‘n ander

denkrigting ontoeganklik is. En hierdie mense kom in ‘n gesteldheid in die

geesteryk wat heeltemal ontsettend is, want hulle kan hul eieliefde nou nie

meer bevredig soos op aarde nie en die weg na die ware liefde, na die

liefde vir die naaste is vir hulle oneindig lank en dikwels heeltemal nie te

vind nie.

Die mens wat alleen van homself hou, neem dus ook die liefde vir die

materie met hom saam in die hiernamaals. En die kwytraak van hierdie

346

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!