03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Sy woord is ware medisyne vir die siek siel en dit is die bron van krag vir

die gesonde, maar nog swakke siel, want hoe ook die siel van die mens op

aarde geaard is, dit het voortdurend spys en drank nodig, dit sal nooit

voedsel kan mis nie, omdat hy heeltemal volwasse moet word in die lewe

op aarde en daartoe altyd behoefte het aan die krag wat hom alleen deur

die woord van God kan toestroom. En as ‘n mens van sy swakheid bewus

is, besef hy dat sy siel nog siek is en ‘n arts nodig het, dan sal hy hom ook

tot die een wend wat hom ‘n vaste waarborg gee, dat hy gehelp kan word.

Hy sal hom aan Jesus Christus toevertrou en om genesing vra, hy sal Hom

sy swakheid en gebrekkigheid beken en by Hom aansluit, want hy weet dat

hy by Hom steun vind, dat Jesus Christus as arts vir die siel ook bereid is,

om hom te gee wat sy siel nodig het. Hy weet dat Hy Sy genesende hand

maar hoef uit te strek, sodat hy gesond word en dat Hy ook voortaan hom

die ware voedsel sal gee. En hy sal Sy woord in ontvangs neem, hy sal

steeds weer krag put uit Sy woord en spoedig ook die werking van die

Goddelike woord by homself ondervind. Want ‘n Goddelike gawe bly nie

sonder uitwerking nie.

Maar wie die siekte van sy siel nie besef nie, die besorg hom ook nie die

ware medisyne nie en hy sal swak en ellendig bly en nie omhoog kan klim

nie en ook geen voedsel hê nie, want die ware voedsel vir die siel is alleen

die woord van God. En so kan dit gebeur dat ‘n siel by die beëindiging van

sy lewe op aarde nog presies so arm en swak is as toe hy beliggaam is.

Want hy kan wel behoeftig en ten volle kragteloos wees, maar hy kan nie

vergaan nie. En in hierdie toestand moet hy nou ook die geesteryk betree,

waar hy sy ontoereikendheid bitter sal voel.

Maar steeds wend die Heiland van die siekes en swakkes Hom tot die

mense, steeds weer bied Hy Homself aan om hulle te help gesond word,

steeds weer laat Hy die stroom van krag na die aarde vloei waaruit alle

siele krag vir hulself sou kan haal.

En waarlik, van alle siele wat hulle aan die Redder en Heiland Jesus

Christus toevertrou, word die siekte en swakheid weggeneem. En die berou

van diegene wat by Hom verbygegaan het en nooit aanspraak gemaak het

op Sy doktershulp nie sal baie bitter wees want hulle sal siek en swak bly

en dus ook so in die ryk hierna binnegaan. Amen

Aanmaning om nie te verslap nie tydens die arbeid

in die wingerd

6779 9 Maart 1957

Die mensdom het voortdurend ‘n oproep nodig om wakker te word, want

steeds weer val hulle terug in die doodse slaap waaruit hulle egter moet

ontwaak tot die lewe, om nog ywerig aan hulle siele te kan werk. En

daarom vra dit ook voortdurende arbeid van My knegte om die mense

steeds weer wakker te skud en hulle die betekenis van hulle lewe op aarde

522

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!