03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

erken My, maar dit ontbreek hulle aan die lewend geloof in My. Hulle is

alleen behep met woorde wat in hulself nog nie lewend geword het nie,

anders moes die werking van My woord by hulle te sien wees. Hulle het self

nog nie beproef wat ‘n lewend geloof kan vermag nie. En wanneer iemand

hul ‘n voorbeeld gee, bestry hulle hom, omdat hulle sy geestelike

superioriteit voel en hulle vol nyd insien dat Ek die bystaan terwyl hulle self

nog nie daarvoor gevra het nie.

Dog in die laaste tyd voor die einde sal daar meer mense kom in wie die

gawe van die Gees tot uiting kom. Mense wat hulle so innig met My verbind

dat hulle alles wat hulle doen, alleen met My verwesenlik vanuit My wil en

onder die aanroep van My Naam. Op allerlei maniere sal hulle blyke gee om

My afgesante te wees, want alles wat ‘n met My Gees vervulde mens doen

wys op My en My ryk. Alles verraai ‘n besondere krag waaroor hy alleen

beskik omdat hy My deur hom laat werk, omdat sy geloof in My en die krag

van My liefde so sterk is dat dit hom onbeperk toestroom en hy daardeur

ook sy medemens op bonatuurlike wyse onbeperk kan help. Want hy is van

liefde tot hulle vervul en die liefde gee hom die direkte krag uit My, dus sal

dit vir hom ook moontlik wees om alles tot stand te bring. Amen

Die aardse lewe is die weg, maar nie die doel nie

5897 1 Maart 1954

Die wêreld is julle tot toetssteen van julle wil gegee, d.w.s. julle moes in ‘n

arbeidsveld geplaas word wat julle aanspoor om julle wil in ‘n bepaalde

rigting te lei. Hierdie wêreld kan dus nie aanvaar word nie, maar moet

oorwin word deur die mens wat die doel wil bereik. Die laaste beliggaming

van die siel, die geestelike in die mens op hierdie aarde, is beslis

noodsaaklik omdat daar vir julle ‘n moontlikheid geskep moes word om

julle vrye wil te gebruik, wat voorheen gebonde was deur julle vroeëre

afval van My.

Want ‘n siel wat hierdie laaste beliggaming wil ontwyk kan ook nie in besit

kom van ‘n vrye wil nie, want sy groot weerstand teen My sal dit nie toelaat

nie. Eers wanneer die siel bereid is om op aarde die weg van die dienende

liefde te gaan, word hy die genade van die beliggaming gegee. Want

hierdie bereidwilligheid getuig van die graad van volwassenheid wat vir die

laaste wilsproef nodig is. Ook is elke siel vir sy binnegaan in die te

verwekte liggaam bereid om hierdie laaste gang te gaan omdat dit hom die

vrywording uit die vorm kan bring en hulle ook die wil het om vry te word.

Die siel verloor egter alle herinnering aan die verlede. Hulle betree sonder

enig besef hierdie aarde en maak nou ‘n langsame ontwikkeling deur. Hulle

leer om hul wil te gebruik, hulle word opgevoed en verder word hulle deur

My op alle wyse hulp gebied om tot insig van die goeie en regte te kom, om

in vrye wil nou ook die goeie en regte te doen.

242

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!