03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die weg van heil - Die weg van liefde - Jesus

Christus

5157 23 Junie 1951

Die weg van heil is die weg wat Jesus Christus gegaan het, die mens Jesus,

Wat op aarde die groot missie vervul het om vir alle mense uit die verlede,

die hede en die toekoms die weg na God te baan, die almagtige Skepper

van hemel en aarde. Hierdie missie was belangrik, omdat Hy as mens met

dieselfde vyandige kragte moes stry soos alle ander mense en Hy tog die

bewys gelewer het dat dit moontlik is, om hulle baas te raak deur gebruik

te maak van die ware wapen. Want nie as God volbring Hy die werk nie,

ofskoon Goddelike krag hom in alle volheid in Hom openbaar tydens Sy

onderrigtende werksaamheid, maar om hierdie krag te ontvang, moes Hy

as mens hierdie stryd met sukses voer. En so lewer Hy ook die bewys

daarvoor dat ‘n mens in volle besit van Goddelike krag en wysheid kan kom

en dit toon ook die weg wat Hy self gegaan het, die weg van die liefde, wat

lei na die vereniging met God en daardeur ook na die besit van lig en krag

in alle volheid.

Die mens Jesus Christus leef heeltemal vanuit die Wil van God en al Sy

strewe was daarop gerig om nader tot die deur Hom herkende Vader te

kom. Die liefde vir die Vader vervul Hom en uiter Hom in die liefde vir die

medemens. Want ‘n hart wat vol is van liefde, kan nie anders as om alles

binne bereik van sy liefde trek nie, omdat dit tot geen ander gevoelens wat

teenoorgesteld is aan die liefde in staat is nie. Dus die liefde was die wapen

wat Hy aangewend het in die stryd teen die kragte wat Hom tot val wou

bring. Want die liefde skenk die krag, sodat Hy nooit kon verloor nie, omdat

Hy deur die liefde in ‘n sekere sin met Sy hemelse Vader saam teen die

vyand stry en Hy daarom die sege moes behaal. Die liefde kan niemand

weerstaan nie omdat dit die oerkrag is waar alles, ook die teenstander van

God, eens uit voortgekom het, gevolglik moet dit sterker wees as alles en

ook hom oorwin wie Hom nie wil erken nie.

Die mens Jesus gaan die weg van die liefde en dit voer regstreeks na God.

Dus het Hy die weg gebaan en alle mens vry gemaak, want almal kan die

weg nou gaan met die sekerheid om die doel te bereik.

Hy alleen is die weg van heil, Hy alleen is die enigste weg wat deur die

vyand van die siel nie begaan word nie, waarop die mens veilig is teen alle

aanvalle, want op die weg van die liefde word hy deur Jesus Christus Self

begelei, wat vir hom ‘n ware Leier is en hom ook vol sorg behoed teen ‘n

terugval of ‘n afwyk van die regte weg. Wie Hom navolg, gaan tegelykertyd

met Hom en hy moet sy doel ook bereik. Hy het vir alle mense die stryd

met die teenstander van God uitgeveg.

Maar Hy vra ook aan diegene wat Hom wil navolg op die weg van heil, dat

hulle sal stry teen die ander d.w.s. dat hulle ook die wapen van die liefde

aanwend, waarmee alleen, hulle hom kan verslaan.

28

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!