03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Daarom probeer hulle die aardse lewe voluit te geniet op elke moontlike

manier, hulle dink net aan die liggaam en nie aan die siel, wat na die

liggaamlike dood ‘n baie twyfelagtige lot op hom moet neem en nie van die

heerlikhede van sy ware vaderland kan belewe nie. Vanweë sy gebrekkig

opgroei kan hulle in die sfere waar onuitspreeklike salighede wag nie

opgeneem word nie.

Dit is moontlik om vanuit die diepte los te kom en hoëre sfere binne te

gaan, maar dit vereis baie meer oorwinning en inspanning as op die aarde

en kan nie sonder hulp geskied nie. Maar ook dan moet die siel self die wil

daartoe hê, wat op aarde baie makliker is.

Die ek kan nie vergaan nie, maar skep vir homself die lot van

geluksaligheid of ellende. En eers as die mense nie hul liggaam as die

enigste lewende aansien nie, maar die siel wat in die liggaam woon as die

eintlike ek leer sien, sal hulle meer bewus van hul verantwoordelikheid op

aarde lewe en dan ook die dood nie meer vrees, wat slegs op die aardse

liggaam betrekking het maar nie die inwonende siel nie.

Dan sal hulle na My wil lewe en na die uur verlang waarin die siel kan

vrykom van sy uiterlike omhulsel, om te kan ingaan in die ryk wat hul ware

vaderland is. Amen

Gemeenslagtige wesens in die hiernamaals

6821 2 Mei 1957

Ek sal julle gee wat julle vir die volwasse wording van julle siele nodig het.

En in die laaste dae sal Ek mense ook die soort kennis gee wat, hoewel dit

nie absoluut noodsaaklik is nie, My liefde en wysheid aan julle ook sou

moet openbaar, wat baie sal verklaar wat vir julle onbegryplik is en julle

daartoe kan beweeg om My te betwyfel. Ek openbaar aan julle My

gedetailleerd plan van Verlossing omdat die einde nader kom en die

ongelowige mensdom ‘n klein opening moet ontvang om die lig te laat

deurskyn as die mense nie weier om hierdie kennis aan te neem nie. Ek lig

‘n sluier op wat die mense nog omhul het, Ek openbaar geheime om dit vir

mense makliker te maak om in My te glo en daarom is Ek ook altyd bereid

om vrae te beantwoord wat aan My of openlik of in gedagte op aarde of in

die geesteryk gestel word. Want Ek wil lig aan elkeen gee wat uit die

duisternis wil ontsnap.

Gevolglik het Ek ook nou en dan verklarings gegee wat die mens op aarde

nog nie nodig het nie maar wat aan hom in die geesteryk duidelik sal word

as hy hom op die geesteryk voorberei het. Dan sal hy die begrip in ‘n flits

ontvang sodra hy dit begeer. Één van hierdie vrae betref die geslag van die

wesens wat Ek geskep het, wat reeds die oorsaak van baie misleiding is

maar wat van weinig waarde vir mense tydens hul aardse lewe is.

Daar is geen wese wat nie beide beginsels van geslag in hom het nie. Dit

word slegs verskillend in elke wese verdeel, sodat die een deur die manlike

538

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!