03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Liefde en dan kan die werke in en met My plaasvind, dan het die mens die

weg van die navolging van Jesus gegaan wat lei tot die vereniging met My.

Amen

"Ek is die Lig van die wêreld" - Lig is waarheid

5592 1 Februarie 1953

Ek is die Lig van die wêreld en alleen daar waar Ek is kan die lig skyn, waar

Ek egter nie is nie, is duisternis. Wie hierdie woorde diep in sy hart laat

deurdring, sal ook spoedig deur ‘n ligstraal aangeraak word, want hy sal

insien dat hy die weg na My moet neem om tot die lig te kom. Maar lig is

waarheid en die waarheid kom van My.

En so kan niemand in die waarheid wandel wat hom ver van God af bevind

nie, wat Myself nie in hom opgeneem het sodat Ek ‘n lig in hom kan

ontsteek nie. Maar My opneem beteken die liefde tot sy eiendom maak,

want wie in die liefde leef, leef in My en Ek in hom.

Met andere woorde: Ek is die Liefde, die Waarheid, die Lig, die Lewe.

Sonder My leef julle in die duisternis. Waar julle ook maar erens anders die

lig soek julle sal dit nie vind as julle dit nie in julself ontsteek deur die liefde

nie, as julle My, Wie Self die Liefde is, nie tot julle trek deur werksaam te

wees in liefde.

Daar kan wanorde in julle gedagtes wees, maar dan is daar ook wanorde in

julle hart, dan is die liefde, wat alles orden volgens die ewige wet nie in

julle nie, wat ook julle denke in waarheid lei en geen onduidelikheid, geen

vrae en geen twyfel julle laat oorkom nie. So is daar dus eers dan lig in

julle, wanneer Ek Self onderdak gevind het in julle hart, omdat Ek Self die

Lig van ewigheid is. Dit staan julle egter vry om die lig te kies of die

duisternis. Glo julle in My deur Wie die lig in die wêreld gekom het, glo julle

in Jesus Christus en Sy verlossingswerk, dan sal julle ook probeer om My te

wen, julle sal julle deur My uit die duisternis laat wegroep, julle sal na My

stem luister, julle sal My gebooie van die liefde herken as My Wil en julle

sal My Wil ingaan terwille van die lig, julle sal verlang na My, na My Liefde,

na die lewe wat Ek julle beloof het, julle sal insien dat daar sonder My geen

lewe bestaan en dus vrywillig in die ligskynsel tree wat Ek Self uitstraal,

julle sal die lig soek en dit ook vind. Julle sal in die waarheid verkeer sodra

julle in die liefde leef.

Daar is geen ander weg om tot die waarheid te kom as deur die liefde nie.

En dit sal julle ook die dwaling begryplik maak wat oor die hele wêreld

verbreid is, wat onvermydelik daar moet wees waar geen liefde is nie. Die

liefde het egter afgekoel onder die mense.

Waar sou nog waarheid aan te tref wees wat daar nie kan wees waar Ek nie

Self is nie, wat nie buite My kan bestaan nie en wat deur die liefdeloosheid

van die mense self verdring word. Waar geen liefde is nie, is duisternis, ook

al is die verstand van die mense so hoogs ontwikkeld.

149

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!