03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ook hy berouvol in die Vaderhuis terugkeer wat hy eens vrywillig verlaat

het. Amen

Moeilike dae - Antichris – Einde

5615 8 Maart 1953

Die dag van verlossing is nie meer veraf nie, maar sal dit vir alle mense

ook verlossing beteken? Sal dit nie eerder ‘n dag van oordeel wees waarin

hulle, in plaas van verlossing, opnuut weer in vaste vorm gebind word nie?

En so kan daar na die dag verlang word, maar netso daarvoor gevrees

word. En hulle wat die dag sou moet vrees, glo nie daaraan nie en is

daarom reddeloos verlore, omdat hulle niks weet om die hernude

kluistering van hulself af te wend nie. Vir slegs weinig mense sal die dag ‘n

werklike verlossing wees, terwyl die ander nie sal weet hoe ellendig hulle

daaraan toe is nie en daarom ook geen verlange na ‘n Verlosser het nie. En

tog sal Hy kom om die te verlos wat in Hom glo.

Wanneer daar vir alle gelowiges ‘n baie moeilike tyd kom, mag hulle die

belofte nie vergeet dat Ek sal kom om te oordeel, die lewendes en die

dooies. En die tyd van nood moet vir hul eweseer ‘n bewys wees van die

waarheid van My woorde en des te vaster sal hulle glo in My koms op die

laaste dag en aan die redding uit die grootste nood. Dit sal werklik ‘n dag

van verlossing wees vir die wat aan My behoort, wat by die aanblik van die

goeie lewe van die ongelowiges geneig is om te twyfel aan die waarheid

van My woord.

En ter wille van die uitverkorenes sal die dae verkort word. Ek sal Myne

versterk tot die dag gekom het en dit sal vinniger daar wees as wat verwag

word. Die wêreldsituasie sal weer so rustig lyk dat niemand aan ‘n einde sal

glo nie, want onder die heerskappy van die Antichris bedaar die golwe van

onrus skynbaar en aards is ‘n oplewing te sien wat die mense steeds

goddeloser en liefdeloser laat word. En slegs Myne herken die uur op die

wêreldklok daaraan, want slegs hulle het gebrek en moet ly terwyl die orige

mensdom swelg en in ‘n roes van wêreldse vreugde hulself probeer

versadig. En niemand sal vermoed hoe naby die einde is wanneer die

Antichris sy wêreldheerskappy begin nie.

Hy lui die einde in, hy bring die chaos tot stand en laat die geloofstryd

ontbrand. Hy veroorsaak as te ware die skeiding van die geeste, want

onder sy heerskappy word die belydenis van My en My Naam geëis en as

gevolg daarvan het die definitiewe keuse geval, wat nog voor die einde

moet plaasvind. Maar sodra die geloofsbeslissing geëis word, kan julle, My

gelowiges, julself voorberei op My koms. Want met die toenemende nood

sal julle ook die vervulling van My voorspellings oor die einde beleef.

Julle kan elke dag op die einde reken en tog sal dit op die dag plotseling en

onverwags kom. Dan sal hulle, vir wie die dag die verlossing bring, egter

salig wees, maar huil en tandegekners sal hulle wat deur die aarde verslind

163

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!