03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

dan sou hulle beide hande na My toe uitgestrek het. Maar hulle oorgawe

aan My sou doelloos wees, omdat dit ‘n gedwonge geloof in My sou

beteken, teweeg gebring deur die bonatuurlike verskyning van Myself.

Ook die wegneming van diegene wat Myne is, kon hulle geloof in My nog

laat oplewe het en Ek sou hulle nog in die laaste uur barmhartig gewees

het, maar hulle is te sterk vasgeketting aan die teenstander. Hulle kan

hulle nie meer van hom losmaak nie en sal daarom in die aarde versink en

hulle lot sal die hernieude kluistering in die materie beskore wees.

My koms op die dag van die oordeel word deur byna alle mense betwyfel en

tog word My belofte vervul wat sê: Ek kom na julle toe en julle sal My kan

aanskou in Glans en Heerlikheid. Myne het waarlik die redding uit die

diepste nood verdien, omdat niks meer vir hulle bonatuurlik lyk, wat met

die einde wat as verseker herken word, saamhang nie.

Die einde sal kom en Ek Self sal neerdaal na die aarde toe soos Ek eens in

alle glorie opgevaar het na die Hemel, alleen sigbaar vir hulle wat in My

geglo het, wat My dissipels was.

Dit is geen bybelse woorde en geen gelykenisse vir komende gebeurtenisse

nie, dit is die gebeurtenisse self en dit sal letterlik gebeur soos wat Ek dit

aan julle beloof het. En julle kan hierdie dag verwag omdat julle

buitengewoon gekwel sal word deur hulle wat aan My teenstander

onderdanig is.

Sodra die geloofstryd sal begin, sal julle weet dat die laaste uur spoedig sal

aanbreek. Want dit is sy laaste daad, wat met sy uiteindelike nederlaag

eindig. En dan sal daar weer ‘n tyd van vrede op die nuwe aarde aanbreek,

want met My koms na die aarde en met julle wegneming is hierdie aardse

periode beëindig en begin daar ‘n nuwe.

Die aarde sal in ‘n algehele nuwe vorm verander word. En julle, wat Ek sal

kom haal, julle sal die bewoners wees van hierdie paradysagtige wêreld.

Julle sal ‘n tyd van vrede en van hemelse geluksaligheid smaak, in die

paradys van die nuwe aarde. Amen

Uur van dood sonder vrees - Gereedheid

6042 4 September 1954

Wees altyd gereed om julle aardse lewe vir ‘n lewe in die geesteryk te ruil,

dan sal die uur van oorgaan vanaf hierdie aarde nie as ‘n verrassing na

julle kom en nooit sal julle dit vrees nie. Wat julle dink en doen vra julself

altyd of dit vóór My oë reg is, dan sal julle bewus lewe en sal werk om julle

siele te verbeter. So sal julle vir die koninkryk van die hiernamaals lewe en

hierdie koninkryk van die hiernamaals sal die koninkryk van lig vir julle

wees, waarvoor julle graag julle aardse lewe sal oorgee omdat dit julle

ware huis is.

As al julle mense kan besef dat julle slegs op hierdie aarde as toets leef,

dat dit nie die ware lewe is nie maar slegs ‘n voorbereiding vir die ware

285

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!