03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Wat daar ook al in die wêreld gebeur, My Wil en My Mag kan dit verban en

My Wil en My Mag kan ook die uitwerking van al die bose afwend van julle

wat by My skuil, wat julle toevlug tot My neem, wat julself by My aanbeveel

en in My julle Vader sien.

Julle hoef die wêreld waarlik nie te vrees nie, wanneer julle, jul blik op My

sal rig, wanneer julle die aardse ryk gering ag, maar ywerig streef na die

geesteryk. Niks hoef vir julle vrees aan te jaag nie en al woed die hel ook

om julle, Ek sal julle deur alle gevare lei, sodra julle met julle wil, julle

liefde en julle strewe met My in verbinding sal staan, sodra julle blik

geestelik gerig is. Daar sal vir julle op generlei wyse ‘n gevaar dreig nie,

want daar kan met julle niks gebeur nie, behalwe wat dienstig is vir julle

voltooiing. Streef na julle geestelike voltooiing, dan sal julle ook geen

wêreldse gebeurtenisse of verontrustende voorvalle meer vrees nie, want

julle sal julle veilig verborge voel onder My beskerming. Amen

Paradysagtige toestand op die nuwe aarde

6352 2 Oktober 1962

Ek sal weer die aarde ‘n plek van vrede maak waar die liefde alleen regeer,

waar daar geen vyand is nie, waar alle skepsele te same in harmonie en

geluk lewe, waar die liefde van die mense uit gaan om die nog gebonde

geestelike aan te raak. Daar sal die mense hul medemens help, fisies en

geestelik en Ek Self as die Ewige liefde onder hulle kan woon. Niks wat

negatief is kan My aanwesigheid verduister nie.

Dit is My Wil dat die aarde dien om die mensdom tot die hoogste

volwassenheid te bring. Baie sal hierdie aarde volmaak verlaat omdat hulle

sterk verenigd met My geword het en nie meer deur die oorspronklike

sonde belas word nie. As hulle deur Jesus Christus op aarde verlos is kan

hulle op die nuwe aarde geplaas word. Hulle wat van die ou aarde vóór die

dag van oordeel verwyder word as bewys dat hulle aan My behoort. Hulle

het met My verenig op die ou aarde en is vry van alle laste en begeertes,

sodat Ek hulle op die nuwe aarde kan plaas.

‘n nuwe verlossings periode sal begin wat aanvanklik baie siele tot

volwassenheid sal bring omdat My teenstander gebind is en hierdie siele nie

kan mislei nie. Hulle sal gewillig hul weerstand opgee en Myne word. Hulle

sal op die nuwe aarde terwille van die volgende generasies lewe, omdat

hulle van My Krag en Majesteit kan getuig. Hulle sal van hul eie ervaringe,

oor die situasies op die ou aarde kan praat. Hulle sal oor My liefde met hul

nakomelinge kan praat. Hulle kinders en kinds kinders sal ook gevul word

met liefde. Daarom sal hul siele nie ver van hul oorspronklike staat wees

nie. Hulle sal in suiwer onselfsugtige liefde ontvang word, omdat My

teenstander geen invloed op hule het wat op die nuwe aarde lewe nie.

Liefde is die krag, wat die volwasse word van siele waarlik kan versnel. Dit

kan die gebonde geestelike uit sy vorm help, sodat hy sy weerstand sal

359

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!