03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

na die suiwer waarheid en julle gebed sal dan waarlik weerklank by My

vind. Amen

Selfmoord

6005 19 Julie 1954

Daar is aan julle mense ‘n tyd toegeken vir die laaste verlossing uit julle

boeie, om die uiteindelike vrywording uit die vorm te bereik. Maar hierdie

tyd se lengte is verskillend vastgestel, soos Ek dit as goed insien vir julle

siele. Julle aardse lewe word nie willekeurig deur My beëindig nie. Van

elkeen persoonlik is die volwassenheid van die siel aan My bekend en so

ken Ek ook die gevaar van ‘n terugval, of die moontlikheid van ‘n verder

vooruitgaan op aarde. En My liefde en barmhartigheid maak ook vroegtydig

‘n einde aan ‘n menselewe, om te verhoed dat die siel agteruit gaan. Of Ek

sien die moontlikheid van ‘n verandering in die laaste uur en verleng

daarom die leeftyd steeds volgens wyse raadsbesluit, want aan My is alles

bekend wat ‘n siel tot heil strek.

En nou sal julle begryp wat ‘n groot vergryp ‘n eiemagtige beëindiging van

die aardse lewe is. Dat julle 'n sonde begaan as julle My liefde en

barmhartigheid vooruitloop en die geleentheid nie benut wat julle siele

gebied word, om tot voltooiing te kom nie. Julle gryp in My heilsplan in en

julle berokken 'n skade aan julle siele wat eens ‘n baie groot berou en

selfverwyt in julle teweeg sal bring en nie meer goed te maak is in die

hiernamaals nie. Want die voordeel wat julle op aarde kon benut, kan julle

in die ryk hierna nooit meer gegun word nie. Julle het vir julself

onherroeplik iets verspeel, selfs al lyk dit vir julle of julle sieleetoestand sal

verbeter, as julle nou julle weg na bo soek.

Dog ‘n groot gevaar bestaan dat die siel wegsink, dat hy hom verset soos

sy eiemagtige beëindiging van die lewe ‘n verset was en dat hy in sy

afwending volhard. Sulke siele het baie baie hulp nodig sodat hulle nie

verlore gaan vir ‘n ewige lang tyd nie, maar dit gebeur ook alleen na hulle

wil.

Ek staan waarlik almal by, ook in die grootste nood, wat dadelik sal

verminder as die mens maar aan My dink, as hy My aanroep om hulp. Want

die nood is alleen maar ‘n middel om julle gedagtes op My te rig, sodat julle

nou ook van julle aardse lewe ‘n sukses kan maak. En die nood tref die

mens nie sonder rede nie, want sy siel is in gevaar en deur hierdie nood

moet hulle ‘n uitweg vind. En hoe meer hulle hul verhard teen My, des te

meer bring hulle hulself in gevaar, om op die laaste My wil te trotseer en

die lewe wat My liefde en genade hulle geskenk het vir die uiteindelike

verlossing, weg te gooi.

Want die beliggaming as mens is vir die siel ‘n genade, ‘n geskenk van My

liefde, dit is die laaste tree na bo wat hulle moet gaan, om dan vir ewige

vry en salig te kan wees. Die siel het naby sy doel gekom en is daarom vir

273

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!