03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

sal word, dat die verdedigers van die suiwer waarheid aangevat sal word,

terwyl die dienare van die Antichris erken sal word as "verkondigers van die

waarheid" en massas mense sal agter hom staan en die draers van die

waarheid sal steeds meer geïsoleerd raak, omdat daar voortdurend teen

hulle opgetree word. Die weg na die waarheid is smal en dit word slegs

deur weiniges begaan. Die meeste mense gaan oor breë paaie en dit moet

alreeds vir julle ‘n kenteken wees wie hierdie massas aanvoer.

Wie My wil navolg op die smal weg van die waarheid sal nie baie geselskap

hê nie, want die meeste verafsku die moeisame weg. Maar Ek Self is die

Liefde en wie My navolg, moet ook die liefde in homself hê en dan is die

weg vir hom lig en duidelik en hy sal onbekommerd oor die moeilike pad

gaan, want die Doel is Ek en die ewige lewe.

Soek nie die waarheid daar waar die massas is nie. Ek Self het My weg op

aarde gegaan en was steeds alleen en deur weiniges omring, terwyl die

meeste mense afkeurend gestaan het teenoor My, omdat Ek hulle die

Waarheid gebring het en dit vir hulle onaangenaam was; omdat My

teenstander agter die massas gestaan het en teen die waarheid te kere

gegaan het en steeds maar daarteen sal stry waar hy maar kan. Maar wie

in die waarheid vasstaan, sien sy manier van doen in en dit sal hom nooit

van stryk bring nie. Want sodra hy My navolg, gaan hy die korrekte weg en

hy sal lewe tot in ewigheid. Amen

Die liefde is die sleutel tot die geesteryk.

5314 10 Februarie 1952

Julle sal My slegs deur liefde kan begryp. Daar is geen andere manier wat

julle My kan wen nie, geen andere manier om My te herken as deur die

liefde nie. En so het julle die sleutel wat die deur van My hart vir julle open,

die poort na die geesteryk, na die huis van julle Vader sal oopmaak. Sonder

hierdie sleutel sal alle toegang geblokkeer bly, alles wat My Liefde, wysheid

en almag in die geesteryk geskep het sal vir julle verborge bly, sonder

hierdie sleutel sal alle kennis van waarheid verborge bly, julle sal geen

Goddelike wysheid hê nie, want sonder liefde sal julle deur duisternis

oorspoel word, want slegs liefde gee julle lig, dus julle tot begrip lei. Julle

sal ongelooflik magtig wees as julle aan My Woorde aandag sou gee en ‘n

lewe van liefde sou lewe. Omdat liefde ook krag is en niks sal vir julle

onmoontlik wees as julle, julself in liefde sou verander nie. Daarom, met

hierdie Woorde gee Ek julle die belofte van ‘n oorvloed van lig en krag, van

geluksaligheid, deur die toevloei van My Vaderlike liefde, as julle slegs

julself met My deur dade van liefde verenig, as julle slegs My liefde vir julle

laat geld. Maar tog glo julle nie My Woorde nie of julle sou poog om ‘n lewe

van liefde te leef.

Waarom toets julle dit nie. Raak ontslae van alle eieliefde, kyk om julself

rond en waar julle ontbering sien, probeer om hulp te verleen, waar julle

86

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!