03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

alleen op sy verlange na mag en heerskappy gebaseer. Hy was wel bewus

dat hy van My uitgegaan het, maar was van mening om alleen te heers,

omdat hy My nie kon sien nie. Hy besef wel dat Ek hom geskape het, maar

wil My nie erken nie. En hierdie wil het Ek nie in die wese gelê nie, maar die

wese self het die deur My geskenkte vrye wil so verander.

Dit was die verskil tussen die val van Lucifer en die sondeval van die eerste

mens, want laasgenoemde dra nog die verkeerde wil in hom en daarom gee

Ek hom ‘n gebod wat hy nie mag oortree nie. ‘n gebod waaraan hy hom

ook maklik kon hou as My vyand nie op hom ingewerk het nie. Hy het nog

‘n sterk invloed op die mens omdat hy eintlik nog steeds ‘n deel van hom

was, omdat die siel nog nie die volmaaktheid teruggekry het nie, wat dit

onmoontlik sou maak om te val.

‘n volmaak geskape mens sou nie kon val nie d.w.s. hy sou nie tot die

oortreeding van die gebod in staat wees nie, omdat die volmaakte

geestelike in die mens, hom sou terug hou van alle Godsvyandige dade. Die

skepping van die mens was egter die gevolg van die val van Lucifer en sy

aanhang, want Ek sou dit andersins waarlik nie nodig gevind het om die

deur My in die lewe geroepte geestelike ‘n uiterlike vorm te gee as

omhulling nie.

Die vorm van die mens bevat die gevalle geestelike. Daardeur was Adam

reeds met die eerder begane sonde belas, wat hy egter kon kwytraak as hy

My gebod geëerbiedig het en dit was dus vir hom moontlik om hierdie

erfskuld te delg. Sy val stel egter die terugkeer van die gevalle geestelike

na My weer vir eindelose tye uit. Maar tog het dit moontlik geword deur die

Verlossingswerk van die mens Jesus Wie sonder gebod van My kant af dit

volbring het wat Adam moes doen nl. Om volledig My wil te volbring en

deur ‘n lewe van liefde hom weer met My te verenig, om in volle besit van

lig en krag te kom. Amen

Die waardeloosheid van aardse kennis in die

hiernamaals

5801 4 November 1953

Waardeer kennis wat alleen maar aards is nie te hoog nie, want in die

ewigheid kan julle daar niks mee doen nie. Dit kan julle wel vir die duur

van julle aardse lewe van nut wees, maar as julle dit nie gebruik om julle ‘n

geestelike kennis te gee, deurdat julle deur aardse kennis die insig verkry

dat julle ‘n skepsel van God is en dan moeite doen om die volle waarheid

uit God te kry, dan sal julle geen voordeel daarvan hê wanneer julle die

geesteryk binne gaan nie.

Maar ook die geestelike kennis wat suiwer verstandelik verkry word, is as

aardse kennis te sien, wat dus wel geestelike kennis gee maar net soos alle

ander aardse kennis deur studie verwerf word, met die doel om dit in ‘n

beroep te gebruik.

212

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!